Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
‘Red Suid-Afrika deur Cyril te ondermyn’

Gee dit vir Ace Magashule, sy veldtog om pres. Cyril Rama­phosa uitgebeeld te kry as die grootste oorsaak van al Suid-Afrika se ellende, het sterk momentum.

Hyself, asook al die staatska­pers en die diewe in die ANC kan eintlik net terugsit en kyk, want opposisiepartye, media-ontleders en selfs akademici doen hul werk vir hulle. Die veldtog, kom ons doop dit “Red Suid-Afrika deur Cyril te ondermyn”, is weliswaar nie so formeel georganiseer soos die Bell Pottinger-lopie met witmonopoliekapitaal nie.

Barnard Beukman

Maar volgens sommige is daar ’n goed gedryfde fluisterveldtog begin. Waninligting word selfs deur afgetredenes uit die intelligensiedienste van voor 1994 gekanaliseer. Dit is glo ook die oorsprong van bewerings oor ’n vergadering van die ANC se nasio­nale uitvoerende komitee (NUK) wat nooit plaasgevind het nie. Die een waar Ramaphosa mos “tot adjunkpresident van die ANC afgeskuif is, maar vir eers met die land se presidentskap moet voortgaan”. Liewe land.

In baie van die oppervlakkige ontledings van die ANC-situasie wat die ronde doen, gewoonlik tematies in ritme met die vorige week se DA-verklaring daaroor, is daar amper ’n koorsagtige aandrang dat Ramaphosa moet misluk. Want dit sal diegene mos reg bewys. Ook het hulle verval in die hedendaagse wandiskoers van uiterstes. Sou jy ’n ander standpunt oor Ramaphosa uitwys, is jy noodwendig ’n Cyril-rasieleier wat meen hy gaan die land eiehandig red.

Toe nie. In hierdie rubriek is reeds vroeg vanjaar gewys op frustrasie wat in die CR-kamp opbou oor die amperse verlammende konsultasie van kabinet, tot kabinetskomitee, tot NUK-subkomitee tot spesiale werkgroepe.

Ook het hulle verval in die hedendaagse wandiskoers van uiterstes

Dit nadat hulle met ’n spoed weggetrek het met die hoop hy gaan ’n “blitzkrieg” lei van die instelling van ekonomiese groeiplanne, die inkorting van staatsgeld aan staatsinstellings, soos die SAL en Eskom, die sny van die staat se salarisrekening en minder ministers.

In die meeste van die kwessies is hy aan bande gelê of verwater deur selfsugtige belangegroepe wat Nelson Mandela se “beter lewe­ vir almal” herkalibreer het tot ’n beter lewe vir die elite.

Teenstand kom ook vanuit vakbonde waarmee Ramaphosa ’n oorlewingsalliansie teen die Ace-pokerklub gesluit het.

Maar die belang van ’n Tito Mboweni in die tesourie of ’n Ronald­ Lamola by justisie, of leiers­ by die nasionale vervolgingsgesag, Eskom, die Reserwebank, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en vele meer bly kritiek.

Die huidige openbare beskermer gee ons ’n aktiewe prototipe van wie die instellings sal oorneem as Ramaphosa nou moet val. Maak die keuse.

En wat staan die burgery te doen? Sluit aan by die stryd op alle­ fronte. Hofsake deur Outa en Solidariteit om Dudu Myeni en Brian Molefe tot verantwoording te roep is een voorbeeld. Kies net die regte teiken.

  • Beukman is redakteur van Beeld.
Meer oor:  Barnard Beukman  |  Regering  |  Standpunt  |  Cyril Rama­Phosa  |  Meningsberig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.