Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Regstel-aksie en kwotas lei tot ondermaat

Terwyl ek skryf, is die 37-jarige David Ferrer besig met sy swanesang.

Prof. Hennie van Coller

Hierdie bekende Spaanse tennisspeler het besluit om uiteindelik sy raket as professionele tennisspeler te bêre. Hy het nooit een van die grotes, die Grand Slams, gewen nie, maar altyd goed presteer. Sy rekord as wenner van ATP-toernooie (27 titels) is indrukwekkend, maar nie uitsonderlik nie.

Ek het hom nooit aan die arm van ’n skoon-heid óf ’n ander bekende tennisspeelster gesien nie, soos Fabio Fognini wat getroud is met die mooi Italiaanse tennispeelster Flavia Pennetta. In skandale was hy nie betrokke nie en ten spyte van ’n vurige temperament het hy hom nie gereeld skuldig gemaak aan relletjies met baan-beamptes en skeidsregters nie.

Waarom dan was van die allerbekendste, ouer tennisspelers, soos Nadal, Federer en Djokovic – én byna alle jonger sterre – eenstemmig dat een van die grootste spelers van sy era se afskeid van die spel ’n groot leemte sal laat?

In huldeblyke is ge-wag gemaak van Fer-rer se veggees, sy passie vir die spel, sy dissipline en sy sportmanskap. Kommentators het hom as voorbeeld voorgehou vir jong spelers deurdat hy selde konsentrasie verloor het en onge-kende veggees ge-openbaar het. Selfs in sy laaste toernooi gee hy sy allerbeste tot die laaste bal.

Geen erkenning dra meer gewig as waardering van jou naastes nie, vir professionele mense dié van jou kollegas.

Kortom, Ferrer beliggaam baie van die deugde wat nie net aan ’n toegewyde sportman toege-skryf kan word nie, maar ook aan enige mens. Dat jy op ’n eerlike en waardige wyse optree en met jou godgegewe talente woeker, al het jy dalk minder as ander ontvang.

Maar die geval Ferrer illustreer ook die aard van eweknie-evaluering. Geen erkenning dra meer gewig as waardering van jou naastes nie, vir professionele mense dié van jou kollegas. Daarom word eweknie-evaluering ook as begin-sel gebruik in die gradering van wetenskaplikes én universiteite.

En ten spyte van gebreke en valkuile, is daar kwalik ’n objektiewer en beter metode. Respek en waardering van eweknieë dra nie ’n prys-etiket nie: Dit kan nie gekoop of verhandel word nie en daaroor kan ook nie onderhandel word nie. Dit is gratis, maar is kosbaarder as goud en meer werd as diamante, sou die Prediker sê.

Miskien juis daarom het ek so ’n hekel aan regstellende aksie en kwotastelsels as durende praktyk. Binne hierdie denkraamwerke geld nie slegs gehalte nie, maar ander oorwegings voer die botoon. En gooi jy die eersgenoemdes die deur uit, smyt jy ongelukkig eweknie-erkenning daarmee saam weg.

Sonder erkenning en agting van eweknieë raak mense minderwaardig en agterdogtig. Dan volg diktatoriale optrede teenoor, en uitdrywing van, ander; oplaas selfverryking en selfverskan-sing deur die aanstel van ander onbekwame jabroers.

Só ontstaan ’n kultuur van die “ondermaat” en is die dood in die pot.

Meer oor:  David Ferrer  |  Hennie Van Coller  |  Kwotas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.