Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Regstel-groep moet ook ophef
Heindrich Wyngaard

Die rol van Kaapse gemeenskappe in die stryd om bevryding is die afgelope week kragtig in die kollig geplaas as ’n onbedoelde uitvloeisel van die viering van dr. Franklin Sonn se 80ste verjaardag.

Wat hy egter nou weer in daardie gemeenskappe bespeur, sê dié verskil­maker, is dat hulle “vervreemd” en “verworpe” voel. Hier is sy treurlied: “Ons voel ons moet sóóntoe en ons voel niémand praat vir ons nie. Die groot ding wat die mense voel, is dat die staat niks vir hulle doen nie. Dís waarom ons vir onsself moet praat.”

En ek luister so na hom en dink onwillekeurig aan die inisiatiewe wat Solidariteit te midde van erge kritiek begin.

Dis kompleet asof hy gehoor gee aan wat Sonn sélf by geleentheid geskryf het (tóé weliswaar oor die stryd teen apartheid): dat terwyl jy praat of protesteer oor dít wat verkeerd is, jy ook moet moue oprol en iets doen om die situasie te verbeter.

Die drukgroep Gatvol Kapenaars verwoord gereeld op ’n kru wyse die er­varing van uitgeslotenheid onder bruin gemeenskappe op die Kaapse Vlakte.

Of skel en raas en steek hulle net buitebande aan die brand in die strate?

Die vraag is egter of hulle ook iets daadwerklik doen by wyse van gemeenskapsprogramme om die situasie te verbeter? Of skel en raas en steek hulle net buitebande aan die brand in die strate?

Heel dikwels wonder ’n mens ook of optogte en betogings teen bendegeweld opgevolg of gerugsteun word deur gelyklopende herstel- of heropbou-aksies.

Wat gemaak, ondenkbaar soos wat dit ook nou klink, as die skietery die dag wonderbaarlik stil raak? Sal ons te moeg betoog wees of sal ons alternatiewe aktiwiteite hê vir die jongmense wat so vasgevang is in die bendelewe?

’n Ander organisasie wat tans landwyd groot aftrek kry, sowel in bruin as swart geledere, is die Civil Servants Pension Redress Movement (CSPRM), wat vir die regstelling van oudstaatsamptenare se pensioenvoordele veg.

Die staat se sperdatum vir regstellingsaansoeke het reeds verstryk, maar die beweging – met dr. David Piedt as voorsitter, David Jantjies as ondervoorsitter en Quentin Newman as sekretaris – dring daarop aan dat die proses heropen word omdat tot 30 000 mense sover aangedui het dat hulle uitgesluit is.

Opstand teen onregte moet met opheffing vir ’n beter lewe gepaard gaan.

Hierdie naweek, van vandag tot Sondag, hou hulle ’n nasionale konvensie in die Kaap. Terwyl dit onakkuraat en straks ook onvanpas sou wees om dit as ’n “bruin beweging” te tipeer, is dit nogtans in dié gemeenskap waar die inisiatief wortelgeskiet het – wat dit op ’n manier deel maak van die protes­tradisie waaroor Sonn praat.

In prof. Richard van der Ross se boek In Our Skins: A Political History of the Coloured People word ook ’n insig­gewende uiteensetting gegee van die soort gemeenskapsinisiatiewe wat van die vroegste tye af in omtrent alle fasette van die bruin gemeenskapslewe tot stand gebring is. Hieronder tel onderwysorganisasies, bougenootskappe, begrafnisverenigings, kultuurliggame en natuurlik politieke bewegings.

Die boodskap was tóé reeds duidelik: Opstand teen onregte moet met opheffing vir ’n beter lewe gepaard gaan.

Hierin lê ’n geleentheid vir die CSPRM opgesluit. Eerder as om slegs op regstelling vir ’n eksklusiewe groep te konsentreer, sou hy ook sy mandaat na ander “regstellingstryde” (oor grondeise of die toekenning van munisipale behuising) kon uitbrei.

Maar daarmee saam, soos wat Sonn al in 1985 benadruk het, moet ook dié beweging, as dit ’n langdurige impak wil maak, verseker dat dit nie vir regstelling stry “net met woorde en gebare nie”. Dit moet ook programme en aksies skep wat “daadwerklik en konsekwent” vordering in die gemeenskap sal meebring.

  • Wyngaard is ’n sosio-politieke kommentator.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.