Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Rotgif bedreig die Wes-Kaap se biodiversiteit
Tony Weaver

Ek dink baie hoe geseënd ons in die Wes-Kaap is. Ons is omring deur een van die grootste natuurlushowe op aarde – van die ongelooflike botaniese verskeidenheid tot die toeganklikheid daarvan.

Ek kan by my huis in Mowbray uitstap en 10 minute later teen Tafelberg op loop vanaf die Rhodes-gedenkteken, Nuwelandwoud of Kirstenbosch.

Van my huis af is dit ’n uur se ry tot in die Weskus- Nasionale Park, Limietberg-natuurreservaat of die Kogelberg-biosfeerreservaat. Dit is twee ure na die Groot Winterhoek-berge, en drie na die Cederberg.

Ons het 13 beskermde gebiede met ’n oppervlakte van altesame 10 000 km² waarin die Kaapse blommeryk beskerm word. Dit is die helfte so groot soos die Krugerwildtuin en is die mees biodiverse plek op aarde, met meer as 9 000 plantspesies. Om dié biodiversiteit en endemiese plante te kan beleef, plaas ’n verantwoordelikheid op elkeen van ons wat hier bly.

Ons sien dalk die gebiede as lieflik om na te kyk en te besoek, maar terselfdertyd verwyderd van ons. Die bestuur en bewaring daarvan is iemand anders – “die owerhede” – se verantwoordelikheid.

Dit is egter nie waar nie. Elke stedelike huishouding het rotte. Dit is gewoonlik die bruinrot (, ’n indringerspesie wat saam met die eerste skepe uit Europa hier aangekom het (ja, dié keer kan ons wel die skuld op Jan van Riebeeck pak).

Rotte is nie aangename diere nie – hulle dra siektes en parasiete en saai amok onder oop kos.

Rotte is nie aangename diere nie – hulle dra siektes en parasiete en saai amok onder oop kos. Wat doen ons daaraan? Ons gaan supermark toe en koop rotgif. Dis ’n aaklige ding. Dit maak die rotte oor die verloop van ’n paar dae dood deur te verhoed dat hul bloed stol.

Navorsers verbonde aan die Universiteit van Kaapstad (UK) het nou boonop bevind dat rotgif wat op dié beginsel werk, besig is om die natuurlewe-voedselkettings aan die rand van Kaapstad binne te sypel. Ses belangrike roofdierspesies word bedreig: die rooikat, groot otter, Kaapse ooruil, muskeljaatkat, ratel en kommetjiegatmuishond.

Rotte wat gif ingekry het, begin stadiger beweeg, wat hulle maklike prooi maak. Van die rooikatte wat getoets is, het 92% op dié manier rotgif ingekry, terwyl die blootstelling aan gif in die ander spesies wat getoets is 81% beloop.

Hoewel wynplase nie rotgif gebruik om hul wingerde te beskerm nie, het rooikatte wat in dié omgewings hou die hoogste blootstelling gehad, waarskynlik te wyte aan die baie restaurante, hotelle en woongebiedontwikkelings in dié gebiede. Otters kry gif in deur afloopwater.

Volgens die navorsers is “eko-vriendelike alternatiewe vir rotgif” nodig. Die eenvoudigste oplossing is om huishoudelike afval beter te bestuur.

Die munisipaliteit van Kaapstad het ’n goeie oplossing gehad – die stad het werklose inwoners betaal om lokvalle te stel en die rotte lewend te vang, waarna hulle verdrink is. Die projek is laat vaar nadat die DBV beswaar aangeteken het op grond daarvan dat dit wreed is. Wreder as ’n stadige dood deur anti-stollingsgif wat dan in die voedselketting beland?

Maar dit tersyde is ons net so skuldig omdat ons giflokvalle om ons huis het. Noudat ek egter die navorsing van die UK onder oë gehad het, gaan ek dit verwyder – miskien kan ek ten minste een uil of otter van ’n aaklige dood red.

Meer oor:  Tony Weaver  |  Wes-Kaap  |  Rottegif  |  Rotte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.