Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
SA 30 jaar ná 2 Februarie 1990
Gert Coetzee

Volgende Sondag is dit 30 jaar sedert FW de Klerk, as staats-hoof, die Rubicon oorgesteek het waar PW Botha, vader van die drieka-merparlement, op die nipper voor vas-gesteek het.

Sy toespraak op 2 Februarie 1990 is in vorige jare en dekades deur détente (met Malawi, Zambië en Ivoorkus), die grensoorlog, noodtoestand, handels- en sportboikot, toenemende druk, KP-weerstand en geheime sessies tussen die NP en ANC voorafgegaan.

Die vrylating van Nelson Mandela, ontbanning van die ANC, PAC en ander, opskorting van regulasies en latere stemreg vir almal het selfs NP-LP’s buite die binnekring verras.

Die einde van die ou bedeling en die begin van ’n nuwe is ingelui. Die doel van die bestel van apartheid was die bevoordeling van die wit minderheid, terwyl die “nie-blankes” (soos dit op die bordjies van afsonderlike geriewe gelui het) deur hul arbeid ’n middel tot die doel was, maar hulle tweede- of selfs derderangse burgers was.

Dit moes vervang word met ’n billike bestel van gelykberegtiging (en die in-haal van agterstande) waar geleef en gelaat leef kon word.

De Klerk het later gesê dit was nie ’n “Damaskus-ervaring” nie, maar ’n ge-leidelike bewuswording dat dit “immo-reel en onuithoudbaar” geword het dat die meeste Suid-Afrikaners dieselfde regte as ander ontneem is.

Of die NP se hervormings suiwer op grond van dat dit “reg” was of omdat dit nie anders kon nie, tersyde. Dit was daarop gerig om realiteite só te bestuur om die beste uitkoms (vir almal) te bepaal. Die “Party” het hom beywer vir magsdeling, die beskerming van die regte van die minderheid (wittes) en grondwetlike wigte en teenwigte. Meerderheidsregering (danksy getalle en verskuil agter die sluier van “demo-krasie”) was vir die ANC al keuse.

Onderhandelinge (of die magspel) het stotterend begin, maar gladder verloop. “Regering vs ANC” lui die hoofstuk hieroor in die outobiografie van Dawie de Villiers wat in die NP-span vir die onderhandelinge was. Daar was die Groote Schuur-beraad, Pretoria-minuut, ’n referendum en eindelik Kodesa by Kempton Park (wat “aange-val” is deur AWB’s wat by die Wêreld-handelsentrum ingebars het).

Die regeringsoorgang en inhuldiging van Mandela as president het in 1994 gevolg. Die regering van nasionale eenheid het net twee jaar gehou met die NP wat hom in 1996 weens allerlei verskonings onttrek het, lank voor die finale verstrykingsdatum in 1999.

Ná die euforie van 1995 se verowering van die Wêreldbeker-rugby het die Mandela-jare wankelriger geraak.

Ná die euforie van 1995 se verowering van die Wêreldbeker-rugby het die Mandela-jare wankelriger geraak. Toe kom die Thabo Mbeki-jare van Afrika-renaissance, vigs-kure, Zim-blindheid en aanvoelbare rassewrewel. Gevolg deur die stortkopjare van staatskaping.

Nou heers die Cyril R-era met die slagspreuk van Thuma Mina (wat hy toe nie self uitgedink het nie), die Nuwe Daeraad wat nie wil kom nie en die Zondo-kommissie wat sit en sit.

Die land val uitmekaar. Korrupsie, misdaad, diensstaking, rassisme en onmin heers. Vrese (oor onder meer onteiening sonder vergoeding) is hoog. Die verryking van elite-kaders is nou die doel en die stemoorwig die middel daartoe.

Gesprekpunte is of Cyril gaan hou, of nie. En wanneer die oranje oorpakke kom, indien ooit. Dis waar ons nou is.

Destyds het die “minderheid” die hervormingstappe verwerp; halfhartig meegegaan of verwelkom.

Beskouinge oor Suid-Afrika nou strook omtrent met die respons toe.

Sommige Suid-Afrikaners sê dis ver-by; ander karring aan, en nog ander (die meeste?) wil deur hul bydrae in kleiner en groter kring ondanks teen-slae die beste uitkoms help verseker.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  Sa  |  Apartheid  |  Verkiesing  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.