Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
SA kan Zuma dalk nog bedank

Die beweringe in ’n Sondagkoerant die naweek dat ’n komplot gesmee word om pres. Cyril Rama­phosa as ANC-leier en staatshoof uit die kussings te lig, was sensasioneel, maar nie noodwendig onverwags nie.

Ook nie dat oudpres. Jacob Zuma hom in die middel van die beweringe bevind nie. Zuma se gedwonge uittrede as partyleier en staatshoof word al ’n geruime tyd vergesel van gerugte dat hy planne het om Ramaphosa te ondermyn en selfs te ontsetel.

Almal se oë is nou op die ANC om te sien wat hy omtrent die beweringe gaan doen. Die aanvanklike aanduidings is dat hy gaan terugsit en die hele petalje wegwens. Dit sal ’n fout wees.

Die party behoort die raad te vat van Jackson Mthembu, sy hoofsweep, wat reken die nasionale uitvoerende komitee behoort die beweringe te ondersoek. Dit is veral nodig omdat Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, ook by die bewerings betrek word.

Ook dít is nie ’n verrassing nie. Magashule is ’n stoere Zuma-bondgenoot en was nie baie gelukkig met Ramaphosa se verkiesing as

En intussen gaan Eskom en die SAL lustig voort om in stormagtige waters te vaar, oortuig daarvan dat die staat hulle uit hul finansiële verknorsings sal red.

partyleier nie. Hy word sedert Ramaphosa se verkiesing in Desember 2017 beskou as Zuma se Trojaanse perd.

Ramaphosa kou reeds klippe met allerlei uitdagings: Die ekonomie is in ’n resessie en die vooruitsigte is alles­behalwe belowend. Dit word vererger deur die regering se omstrede besluit om die Grondwet te verander om die onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak.

En intussen gaan staatsbeheerde maatskappye soos Eskom en die SAL lustig voort om in stormagtige waters te vaar, oortuig daarvan dat die staat hulle uit hul onderskeie finansiële verknorsings sal red.

Hierdie stand van sake pas Zuma perfek. Hy gee glad nie om of die ekonomie werk of nie. Inteendeel, hy het eiehandig baie van die ekonomiese vernietiging veroorsaak.

Ramaphosa het geen keuse as om die Zuma-gemors skoon te maak nie. As ANC-leier kan hy doen sonder Zuma-voetsoldate soos Magashule in sy binnekring. Hy kan egter nie veel daaromtrent doen nie en moet wag vir die volgende verkiesingskonferensie in 2023 om dinge te verander.

Hy moet ook sy paaltjies beskerm teen die Zuma-aanslae, waarvan daar sommer baie gaan wees.

Hy moet ook sy paaltjies beskerm teen die Zuma-aanslae, waarvan daar tussen nou en die verkiesing aanstaande jaar nog sommer baie gaan wees.

Die swak plek in Ramaphosa se mondering is dat hy nie sy eie mandaat van die kiesers het nie. Die ontsetelde Zuma het ’n dubbele mandaat van die kiesers gehad, een in 2009 en ’n tweede in 2014.

Ramaphosa moet, te midde van al sy ander uitdagings, dus slim werk om ’n geloofwaardige mandaat by kiesers te kry. Dit sal hom help om mense soos Magashule teen te werk.

Die ironie is dat Magashule in beheer is van die partymasjinerie, wat hy kan plooi om Ramaphosa te ondermyn. Die vraag is of hy dit kan doen sonder om die ANC se posisie by die stembus in gedrang te bring.

Die ANC is kwesbaar en het nog nie heeltemal herstel van die terugslae in die plaaslike verkiesings van 2016 nie.

Dit is nie wensdenkery nie dat die eens magtige regerende party ná volgende jaar se verkiesing dalk in koalisie sal moet gaan om aan te hou regeer op nasionale vlak.

’n Koalisieregering met die DA of die EFF kan nie uitgesluit word nie. Dit sal baie sleg wees vir die ANC, maar nie noodwendig vir die land nie. Indien dit naatloos gebeur, sal dit die lewenskragtigheid van die demokrasie bewys.

Dit sal hopelik ook ’n einde bring aan die houvas wat staatskapers op die land het en skoner, oper regering in die hand werk. Indien Zuma se magspeletjies die land in dié rigting druk, sal ons hom dalk iets skuldig wees.

Meer oor:  Henry Jeffreys  |  Cyril Ramaphosa  |  Staatskaping  |  Komplot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.