Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Sáám kan ons einde bring aan geweldsiklus

Die onlangse moord op die 8-jarige Tazne van Wyk van Elsiesrivier het nie net haar eie gemeenskap in oproer nie, maar vele ander regoor die Wes-Kaap en die land.

Die gewelddadige betogings buite die Goodwood-hof verlede week met die verskyning van die beskuldigde, wys dat ons gemeenskappe genoeg gehad het van die sinnelose en toenemende geweld teen vroue en veral ons kinders.

Sommige mense vra selfs vir die herinstelling van die doodstraf, terwyl ander bereid is om die gereg in eie hande te neem. Hoe bring ons ’n einde aan die siklus van geweld? Watter metodes werk die beste in die stryd teen geweld teen vroue en kinders?

Inwoners van Elsiesrivier het die huise van vermeende bordeeleienaars aan die brand gesteek om te wys dat hulle nie langer mense in hul woongebied wil toelaat wat ’n slegte invloed op hul kinders het nie. Kerke en kerkleiers reël optogte en preek vrede, maar dit blyk duidelik daar is nie vrede nie en ons vroue en kinders is nie veilig nie.

Sommige mense meen weer daar is groot fout met die land se paroolstelsel omdat die beskuldigde op parool was ten tyde van die moord.

Sommige mense meen weer daar is groot fout met die land se paroolstelsel omdat die beskuldigde op parool was ten tyde van die moord.

Ons gevangenisse sit eintlik net met die gevolge van ons gemeenskappe se swak en onwillige ingryping in die lewens van gewone burgers wat godsdienstig en moreel die pad byster geraak het. Families, gesinne, godsdienstige instellings, skole en gemeenskappe dra eintlik die verantwoordelikheid van morele vorming van mense en dus is die argument dat hierdie instellings en organisasies ons mense hierin in die steek gelaat het.

In ons soeke na doeltreffende, blywende en transformerende antwoorde, is dit noodsaaklik dat ons besef ons almal sal moet hande vat, ons almal sal moet saamwerk, en dat daar groter gemeenskaplike betrokkenheid moet wees.

Wanneer Jesus in Matteus 5:13-16 praat van die sout vir die aarde en lig vir die wêreld, dan bedoel Jesus juis dat ons agente, dissipels en mense van verandering moet wees.

Ons moet deur ons betrokkenheid by die kwessies, sake en uitdagings van ons gemeenskappe, soos sout smaak gee, verderf verhoed, herstel bewerk, en veral offervaardig in ons liefde en omgee wees. Ons moet deur ons ge­tuienis en lewenswandel kies om lig te wees en die duisternis en die bose werke teë staan.

In ons stryd teen geweld teen vroue en kinders fokus ons dalk te veel op die vroue. Ons fokus moet begin val op ons mans, seuns en ooms, want dit is mans wat hierdie misdade pleeg. Dit is aan die hand van mans wat ons vroue en kinders verkrag en vermoor word.

Ons moet verantwoordelikheid neem, nie net vir ons vroue en kinders se veiligheid nie, maar ook vir ons gemeenskappe – wat daar gebeur, hoe dit bestuur word en hoe dit lyk.

  • Dr. Katts is ’n voormalige moderator van die Volkskerk van Afrika.
Meer oor:  Tazne Van Wyk  |  Moord  |  Kindermoord  |  Parool  |  Paroolstelsel  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.