
Dr. Isak Burger
Die Kerk van Jesus Christus – oor al sy mensgemaakte grense heen – het nog altyd en oral sy ware kleure en karakter in moeilike en onstuimige tye en omstandighede getoon.
Hoewel algemene voorspoed en rustigheid verkieslik en gemaklik is, is dit nie altyd en in alle opsigte tot voordeel van die kerk nie.
Dit was dikwels in tye van ekonomiese en politieke druk en onsekerheid dat die kerk se invloed en rol die grootste was.
Dis nie dat mense ophou om gelowig te wees wanneer alles gemaklik en gunstig is nie, dis net dat die kerk dan gewoonlik in ’n gemaksone beland.
Dit kan meebring dat die kerk se groei en die roeping en passie van gelowiges kwyn en hulle neig om die beginsels van die Koninkryk van God te verruil vir wêreldgelykvormigheid.
Dit verminder die impak van die kerk se getuienis na buite.
Lig is immers opvallender hoe donkerder dit word.
Suid-Afrika is polities, ekonomies en maatskaplik op ’n baie slegte plek.
Suid-Afrika is polities, ekonomies en maatskaplik op ’n baie slegte plek.
Baie mense loop weens swak dienslewering en korrupsie met frustrasie, moedeloosheid en magtelose woede in hulle rond.
Dit gaan hand aan hand met barbaarse, misdadige en vernietigende optrede wat kwalik anders as boos beskryf kan word.
Watter besetenheid dryf mense om op hul vernietigingspad selfs kerkgeboue te verwoes en Bybels stukkend te skeur?
Die anargie en krisisse op soveel vlakke en plekke in ons land is veral aan die regerende party te wyte.
Suid-Afrika hét die mensepotensiaal en minerale rykdom om ’n vooruitstrewende en suksesvolle land te wees – as ons net die leierskap en regering gehad het wat in diens van sy mense gestaan het en nie in die hande beland het van ’n selfverrykende netwerk van grootliks korrupte, onbekwame en leiers sonder integriteit nie.
Die regerende party is deurtrek van terminale morele kanker en dit is te betwyfel of hy daarvan sal kan herstel. Mag- en geldsug het ’n afstootlike gesig aangeneem.
Dit is dié toedrag van sake wat in die aanloop tot môre se algemene verkiesing menige gelowige geaktiveer het.
Talle Christene oor die Suid-Afrikaanse spektrum heen vestig in des
Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor.
peraatheid al hoe meer hul hoop op God. Hulle bid en glo dat die Here sal ingryp.
Net soos Dawid in sy gebed in Psalm 86. In die tweede vers van dié Psalm bid Dawid: “Beskerm my, want ek is u troue dienaar, red my, want U is my God, op U vertrou ek.”
En in vers 7: “ Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor.”
Dit het in 1994 gebeur.
Dit is nou nodiger as ooit tevore.
Daar is verskillende gebedsnetwerke in die land wat hande gevat het in hierdie slegte tyd waarin Suid-Afrika hom bevind.
Natuurlik moet ons bid én werk (en stem).
Kerkgrense vervaag soos wat Christene en Christen-inisiatiewe verenig – meestal ónder die radar. Christian Consensus is een van die prominentstes.
Soos so dikwels in die geskiedenis is dit nie ’n denominasie of ’n kerkleier wat die leiding neem nie.
Die inisiatiewe kom van gewone gelowiges.
Die krisis het groot genoeg geraak om talle van ons tot God – en tot aksie – te dwing.
Dr. Burger is oudpresident van die Apostoliese Geloofsending (AGS) en ’n skrywer en prediker.