Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Sal Cyril die fakkel van hoop kan bly dra?
Rapule Tabane

Dis moeilik om deesdae optimisties te bly. Ons is nog ver van die oordeelsdag, maar die tekens is nie bemoedigend nie.

Dit voel eerlikwaar of die heelal ons straf deur te sê julle wou mos hê Cyril Ramaphosa moes ’n nuwe daeraad vir julle gee, “daar is dit nou” en toe word ’n hele spul teëspoed op ons losgelaat.

Die kommerwekkende toename in werkloosheid en syfers van Statistieke Suid-Afrika (SSA) wat toon die bevolking groei teen ’n angswekkende koers, voorspel niks goeds vir die toekoms nie.

Die meeste van ons is nie voornemens om die land gou te verlaat nie, so ons soek altyd na daardie tikkie hoop. Maar die werkloosheidsyfers toon ’n harde werklikheid. Volgens SSA het die werkloosheidskoers van 27,6% in die eerste kwartaal van 2019 tot 29% in die tweede kwartaal toegeneem. Werkloosheid was laas so hoog in 2008, ’n resessiejaar. Selfs die ekonomiese groeivooruitsig is vir die soveelste keer afwaarts aangepas.

Ramaphosa se belofte in sy staatsrede om 2 miljoen werkgeleenthede in tien jaar te skep, klink in die omstandighede jammerlik onvoldoende.

Ramaphosa se belofte in sy staatsrede om 2 miljoen werkgeleenthede in tien jaar te skep, klink in die omstandighede jammerlik onvoldoende.

Die verslegtende toestand in Zimbabwe dra by tot hoë migrasiesyfers, wettig of onwettig. En SSA se bevolkingsyfer van 57 miljoen is dalk ’n onderskatting omdat onwettige immigrante nie vir tellings beskikbaar is nie.

Die meeste Suid-Afrikaners het verkies om in die belofte van ’n nuwe daeraad te glo. Maar ons begin onsself moeilike vrae afvra weens die styging in die brandstof- en die kragprys, en die uitdiensstelling van mense wat ons ken.

Nou waarsku Tito Mboweni, minister van finansies, en Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, albei veel minder inkomste sal na verwagting vanjaar ingesamel word. “Groei vind nie plaas nie en belastinginkomste is nie daar nie. Ons is in die moeilikheid. Die regering moet besteding beperk,” sê Mogajane.

Eskom se diep bedelbak vererger sake.

Eskom se diep bedelbak vererger sake. Mboweni sê “om geld direk in Eskom in sy huidige stand te stort, is soos om water deur ’n sif te gooi”.

Vertroue word ook nie gewek wanneer die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), ’n groep van 80 mense wat deurslaggewende besluite oor ons lewe neem, op vergaderings meer op die stabiliteit in die party as op regeringsprioriteite fokus nie. Die NUK het op sy vergadering die naweek glo tyd bestee aan ’n besluit of Derek Hanekom getug moet word of nie. In hul finale verklaring is wel erkenning aan die ekonomiese probleme gegee en is die president geadviseer om resolusies daaroor in werking te stel. Maar daar was ’n gebrek aan dringendheid.

Daar het wel minstens twee belangrike goed gebeur. Die eerste is dat die finale grondverslag deur kundiges nie die arbitrêre onteiening van grond of eiendom van private burgers onderskryf nie. Dit bevat versigtig omskryfde kriteria wat veral boere behoort gerus te stel dat hulle nie een oggend op ’n onteiende plaas sal wakker word nie, tensy hulle dit nie gebruik nie. Die tweede is dat Ramaphosa sy kritici wat hom gedruk het oor die nasionalisering van die Reserwebank geneutraliseer het.

Volgens ons inligting “is die president duidelik daaroor dat die grondkwessie ’n ongeregtigheid bly, maar dat die ANC dit op ’n verantwoordelike manier moet pak sodat dit nie die mark ontwrig en die aandag van die agenda van ekonomiese groei aftrek nie”. Ramaphosa waarsku dat as die Reserwebank-eienaarskapkwessie nie versigtig aangepak word nie, dit die fiskus en die ekonomie duur te staan sal kom.

Dit is belangrik dat Ramaphosa hierdie twee kwessies uit die pad kry. Maar hy het nog ’n lang pad om te gaan om ons gerus te stel dat ons moet bly hoop

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Rapule Tabane  |  Hoop  |  Menings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.