Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Sal hulle wil weet van ons?

‘Oubaas vind die appels goed as niks anders met sy maag akkordeer nie.”

Iets vir die geskiedenis-optekening? Dalk nie. Tog is dit ’n flenter inligting wat innig en interessant is; iets wat Ouma Isie Smuts in ’n brief in 1942 geskryf het aan ’n vriend wat gereeld ’n kissie appels aan haar man, genl. Jan Smuts, gestuur het.

MARTIE RETIEF-MEIRING

’n Nasaat van die oorspronklike ontvanger doen wat hoeveel mense in hierdie dae doen: Pak bokse uit, sorteer foto’s, gooi weg, pak weer terug, besluit om CD’s te digitaliseer, maar vind ’n opname van Enrico Caruso en besluit om liewer weer ’n platespeler aan te skaf.

Ons word argivarisse van inligting oor ’n tyd wat verbygaan. Want wie gaan in ’n toekoms belangstelling toon in óns – die verlede?

Sou die onbekende stukkie inligting, soos oor Oubaas (“Oom Jannie”) se appelkuur vir sy maag, wel toekomstige navorsers interesseer?

Sal hulle wil weet van die klein dinge van ons lewe? Van die briewe van ma’s aan verre kinders, van die “Julle weet mos dis maar weer blancmange, want Pa wil geen ander poeding hê nie”.

Of sal daar belangstelling wees in die selfone met die massa Whats-Apps oor die tuine, die kleuters, die grappies van die tyd? Of die twiets, venynig of gerusstellend?

Of sal die oordeel wreder wees? As ’n tyd van siekmakende rykdom en afgryslike armoede? As een van tegnologiese briljantheid en menslikheid-verwaarlosing? As ’n tyd van mors, wreedheid, vernielsug, materialisme?

Of leef ons reeds die toekoms?

’n Jong egpaar werk van die huis, doen ook tuisonderrig en begin glo selfs dít gaan al hoe makliker en doeltreffender word. Hulle het hul stoof in weke nog nie gebruik nie – kosaflewering is vinniger. Hulle sien hierdie aflewering as die nuwe norm. Dis ’n kortpad-lewenswyse.

Dit lyk nogal aansteeklik. ’n Ouer vriendin vertel weer hoe korslose melktert nou die “in”-ding in hul sentrum is!

Dit word ’n woepwaps-tyd, vertel die vrou oor die diens van die mees-tal Oosterse kleremakers in feitlik elke sentrum: Neem net lap en ’n ou kledingstuk as patroon en, woepwaps, kry jy ’n nuwe stuk terug.

Wil ons al woepwaps leef? Is die was, die skil en sny vir slaai nie tyd vir dink nie? Is saag en slyp in die motorhuis nie goed vir die siel nie? Is dit nie gerusstellend om soggens van jou huis af werk toe te gaan om saans na die huislikheid van jou huis terug te kan keer nie?

Dalk is die grootste terapie tog wel die uitpak, die deurkyk, die linnekas of motorhuis uitdun, die frons, kyk, huil of lag of selfs weer bloos oor ou herinneringe.

Selfs glimlag oor die legendariese ou soldaat Oom Jannie en sy baat vind by appels.

Meer oor:  Geskiedenis  |  Goeiemôre  |  Meningsberig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.