Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
SANW kan gerus hijab-debat volg

Daar is aangevoer die SANW het net een kultuur en dit is die militêre kultuur en hoewel godsdiensvryheid toegelaat word, sy die reëls vir die aanvaarde uniform oortree het. Wat dit ook al beteken.

Prof. Amanda Gouws

Redenasies rondom multikulturalisme kom hier ter sprake. Hoe reguleer ons kulturele praktyke in ’n land met baie verskillende kulture?

Liberale demokrasieë aanvaar ’n verbondenheid aan individualisme as ’n kerngedagte. Daar word van individue verwag om uit te styg bo hul groep- of godsdiensverband om sodoende die eiesoortigheid van sosiale en kulturele verskille af te skud.

Daar word dikwels in veral die Weste gedink dat Moslemvroue wat ’n kopdoek (hijab) of die boerka (gewaad) dra deur Moslem-patriargie onderdruk word en dat hulle bevry moet word van die vereistes wat geloof aan hulle stel.

Pres. George W. Bush het byvoorbeeld die inval in Afganistan onder meer geregverdig deur te redeneer dat die onderdrukking van vroue aldaar beëindig moet word.

Die bevryding van Moslemvroue het dus ook ’n regverdiging vir Amerika se oorlog teen terreur geword.

Daar word dikwels geen onderskeid getref tussen die dra van ’n kopdoek as ’n uitdrukking van geloof en die dra daarvan as ’n kulturele praktyk nie.

Toe Frankryk die dra van kopdoeke in skole verban het, moes dit helaas ook die dra van Christen-kruise as hangertjies in skole verban om konsekwent te wees oor die verbod op godsdienstige simbole. Dit veronderstel dat mense nie keuses uitoefen nie, maar dat hul godsdiens hulle dwing om op ’n sekere manier aan te trek.

Ook was daar die oproer oor die dra van die sogenaamde boerkini (swemdrag wat die liggaam, arms en bene bedek) op strande in Frankryk. Dit is verbied omdat dit gesien word as ’n simbool van politieke Islamisme wat met sekularisme bots.

Op die strande in Frankryk is Moslemvroue onder dwang ontklee. Dit herinner aan ’n spotprent waar ’n Moslemvrou in ’n boerka (waar net haar oë sigbaar is) verby ’n Westerse vrou in ’n bikini met ’n sonbril op loop.

Onlangs het daar vir die eerste keer ’n vrou in ’n boerkini op die voorblad van Sports Illustrated verskyn.

Die Moslemvrou dink: Wat ’n aaklige kultuur waar niks bedek is nie behalwe haar oë. Die Westerse vrou dink: Wat ’n aaklige kultuur waar alles bedek is behalwe haar oë.

Dit is dus ’n geval van perspektief – die een dink dat die ander se kultuur haar seksueel objektiveer, en die ander dink dat Moslemvroue deur hul kultuur onderdruk word.

Onlangs het daar vir die eerste keer ’n vrou in ’n boerkini op die voorblad van Sports Illustrated verskyn. Vir sommige was dit ’n teken van vooruitgang, vir ander was dit die Weste se poging om die boerkini te seksualiseer.

In ’n baie belangrike boek wat onlangs verskyn het, It’s Not about the Burqa (Picador), skryf Afia Ahmed: “In the wake of the negative media representations that have made the veil synonymous with terrorism, linking Muslim women to perpetrators of heinous terror attacks and resulting in ‘gen-dered Islamophobia’, there has been a backlash: both the hijab and veil have come to signify an anti-colonial strug- gle . . . a symbol of defiance.”

Dit sal die SANW baat om meer aandag te gee aan die wêreldwye debat rondom die dra van die kopdoek.

Wanneer dit verpolitiseer word in multikulturele samelewings, dwing dit mense om keuses te maak.

Meer oor:  Amanda Gouws  |  Hijab  |  Sanw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.