Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Schweizer-geval en die raskaart
Gert Coetzee

Laatmiddag laai ek twee wagte van ’n naburige sekuriteitskompleks op pad stad toe op. Vir hulle is dit ’n uur se stap en met skofte van 12 uur moet hulle al weer 07:00 werk.

Voor in die bakkie lê ’n swetterjoel goed. Om in die besige straat dit eers agterop oor te laai, gaan nie deug nie. Anders was die maklikste om verby te ry. “Toemaar, ntate. Ons spring sommer op,” sê hulle. En daar ry ons.

’n Wit ou voor in die bakkie en swart ouens agter op. (Kleur is relevant, anders was dit onnodig om te noem.)

Maak dit nou van my ’n rassis?

Sommiges sou sê beslis ja. Ek weet van nee. Moes ek eerder so proaktief voor-sien het dat ’n spontane, onskuldige si-tuasie as rassisties vertolk – of uitgebuit – kon word, en die kêrels eerder nie opgelaai het nie?

So rasverstrengel is ons in Suid-Afri-ka. Dit is Suid-Afrika.

En ek behoort nie, maar ek bieg dit sou gerieflik wees om nie oor ras(sisme) te skryf nie. Maar weens die Schweizer-Reneke-geval is dit die nuustydige en nodige onderwerp.

In Suid-Afrika is die landskap van ras en rassisme oor meer as drie eeue berei.

In Suid-Afrika is die landskap van ras en rassisme oor meer as drie eeue berei.

Dit is deel van ons DNS.

’n Vriend sê eendag hy betrap homself dat hy ’n rassis raak (oor alles wat “hulle” doen). My respons met die luukse van nadenke: In ons land werk dit eintlik andersom – Suid-Afrikaners is eerder rassiste wat moet probeer om nie-rassis-ties te raak. Dis die uitdaging.

As die skoen nie pas nie . . .

Soos Mario Balotelli, Italiaanse sokkerspeler van Ghanese afkoms, sê: “Jy kan rassisme nie uitvee nie. Dis soos ’n sigaret. Jy kan nie ophou rook as jy nie wil nie, en jy kan nie rassisme stop as mense nie wil nie. Maar ek sal enig-iets doen om te help.”

Die HAT sê “rassisme” is: “s.nw. Veronderstelling dat karakter en be-kwaamheid bepaal word deur ras – ’n denkrigting wat aanneem dat ’n beson-dere ras meerderwaardig is en die reg het om ander rasse te oorheers.”

En die siekte kan nie genees word as die lyer dit nie erken nie; trots daarop is, of dit as ’n godgegewe reg beskou nie.

In die “Herrenvolk”-idee het die kiem vir die Duitsers se Jode-uitwissing gelê. En uit wit Suid-Afrika se baasskap het groot- en klein apartheid gespruit.

Dis nie lekker om te hoor nie; ’n mens wil nie daaraan herinner word nie, en baie ontken dit steeds.

Noudat dit gesê is: Rassisme is eenvoudig én ingewikkeld. Dis moeilik om so heldersiende soos politici en raswaarsêers – met of sonder die feite – beslis te weet ’n bepaalde situasie ís rassisme­. Soos die bevinding van “rasse-diskriminasie­” by Schweizer-Reneke.

Werklik? Dit beteken die juffrouens moes bomenslike insig aan die dag gelê het om te kon sien dat ’n foto van die tussentydse eenkant-reëling om die kinders te help die skyn van rassisme kon dra en dat hulle vooruit moes innoveer om nie aanstoot te gee nie.

Net my mening is genoeg om as ’n ras-sis gebrandmerk te word. So ook die ge-dagte­ dat as dieselfde aandag gegee word telkens as plaasmense aangeval word, dit daardié gru-misdaad sou help uitwis.

Ras is ’n mynveld waaruit politieke opportunisme nie te haal is nie. En soos “beauty in the eye of the beholder” is, is dit met rassisme ook dikwels die geval.

Veral as politieke punte daaruit te haal is. By Schweizer-Reneke het die ANC-beheerde onderwysdepartement op die hakke van die EFF met die raskaart ingestorm. En die DA-jeugliga was bang hy bly agter.

Dit het die gaping vir Solidariteit gegee om te sorg hy tree as kampvegter uit die stryd.

Volpunte vir die juffrou wat weier om as ’n slagoffer gyselaar gehou te word.

Die stryd teen rassisme hou nooit op nie. Individueel verg dit ’n doelbewuste besluit om nie die “ras-sigaret” te rook nie.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  Rassisme  |  Apartheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.