Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Seën vir almal hier in Afrika
Gert Coetzee

Wat ’n week was dit nie. Al kan ’n mens dit nou weekliks sê. Die staatspresident – en ANC-leier – sê onverwags sy party gáán die Grond-wet wysig sodat grond sonder vergoeding onteien sal kan word.

Sy aankondiging is skuins voor middernag – eintlik Jacob Zuma-styl.

Daar is die (beweerde) lys van 195 plase wat glo vir onteiening geoormerk is. Gerieflik uitgesoek sodat almal mine-rale regte het. Ingevolge die styl van staatskaping waar elite-kaders en hul pêlle score – ten koste van kiesers wat hulle voorgee om te bemagtig.

Die nasionale vervolgingsgesag se hoof kry – met die hulp van die Grondwethof – die trekpas. Die einste president stel ’n waarnemende hoof aan wat destyds nie daartoe bygedra het om Jacob Zuma, vorige bekleër van die presidentspos, vir korrupsie te laat vervolg nie.

Daar was ook die gefladder oor Bird Island.

Nogtans hang ’n swaarmoedige wolk van doemgeestigheid oral.

Oor Cyril Ramaphosa: Ses maande ná sy “nuwe daeraad” en Thuma Mina-oproep, raak dit dun om te bly uitwys dit is ’n verlossing dat hy nou die president is – en nie JZ of NDZ nie.

Of nie? Want dit is tog waar.

Nogtans hang ’n swaarmoedige wolk van doemgeestigheid oral. In gesprekke is die noodwendige vrae toenemend “Wat nou” of “Wat volgende?” (as my grond dan onteien word) en die verligte opmerking van gesprekgenote is hulle is bly hul kinders is in die buiteland.

In die afgelope dae sê ’n deelnemer op RSG dat die ommekeer van Suid-Afrika is soos om die Titanic om te draai – jy kry die skip dat hy begin draai, maar steeds beweeg hy vorentoe.

Of alles net nag is, moet elkeen self oor besin. Almal se keuse, waarvoor nie-mand verkwalik kan word nie, is nie om oorsee te gaan bly nie.

En het dit nie – ook in dié week –bekend geraak Afrikaanse mense raak al meer nie? Doopregisters wys dit.

Al is dit al minder van die algehele bevolking wat nóg meer raak.

’n Gesprekgenoot onthou dat hy twee dekades geledes al raakgelees het ’n groot Afrikaanse gees – die naam ontglip my nou – het gesê diegene wat in Suid-Afrika bly, moet besef die land is deel van Afrika. En in Afrika verskil perspektiewe oor wat sake soos kapitalisme, die vryemarkstelsel, korrupsie en dies meer is.

Korruptes is volop wat sê hulle beveg korrupsie dan juis met hand en tand.

Dit is nie vreemd as iemand hier erg teen kapitalisme gekant is nie, maar terselfdertyd graag aan die vrug van kapitalisme smul nie. Of die stelsel van vryemark-mededinging veroordeel, maar tog die beste moontlike opbrengs – sonder ’n noodwendige inset – wil hê.

Korruptes is volop wat sê hulle beveg korrupsie dan juis met hand en tand.

Onthou die nag van Zuma se bedanking toe hy op televisie verward verklaar het niemand het ooit aan hom gesê wat hy verkeerd gedoen het nie?

Tussendeur alles kry Volksblad gister sy jaarlikse besoek van lidmate van kerke in Bloemfontein en Botshabelo – deel van ’n uitreik na sleutelinstansies – wat kom vra hóé gaan dit met julle?

Goed dankie, ook in konteks van die universele verloop van voor- en teenspoed. Oor tyd en grense heen.

Almal is oor dieselfde dinge geknel.

Morele verval. Wetteloosheid. Vrot diens. Rommel. Riool. Korrupsie.

Een besoeker was ’n dienswerker, maar het weens herstrukturering sy werk verloor.

Ons hoor ook van ouers in Botshabelo se kommer oor hoe hul kinders – wat matriek geslaag het, maar nou werkloos is – op sosiale media in die greep van bendes en dwelms ingetrek word.

Tydens die besoek bel ’n werkgewer. “Ja, ntate,” sê die vrou, “ek’s op pad.”

Ná die gesprek staan mev. Elizabeth Ramoketse van Botshabelo op en met haar arms omhoog vra sy in ’n Sotho-gebed seën vir ons almal.

Hier in Afrika.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  Regering  |  Korrupsie  |  Mening  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.