Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Serpa Pinto, ’n Portugese verkenner in Afrika
Fransjohan Pretorius

Dalk het u al die naam Serpa Pinto teëgekom. Tussen 1877 en 1879 het Pinto, ’n Portugees, van Benguela in Angola via die huidige Botswana en die destydse Transvaal en Natal tot in Durban gereis, en belangrike aantekeninge oor die geografie, die fauna en flora en die mense gemaak. Danksy die werk van prof. O.J.O. Ferreira het ons insae in Pinto se aktiwiteite gekry.

Ten einde Portugese aansprake in Afrika te verdedig en verwagte toekomstige Britse uitbreiding van die Kaap na Kaïro te verhoed, het die Geografiese Genootskap van Lissabon sedert 1875 verkenningstogte van Angola na Mosambiek – van wes na oos – aangemoedig en gesubsidieer.

Die 31-jarige Pinto, ’n majoor in die Portugese leër, sou saam met Hermenegildo Capelo en Roberto Ivens op ’n ekspedisie vertrek om die gebied tussen Angola en Mosambiek te verken en te karteer. Aanvanklike probleme met draers het veroorsaak dat Capelo en Ivens sonder Pinto vertrek het.

Hy het egter sy eie ekspedisie georganiseer en op 12 November 1877 vanaf Benguela suidooswaarts koers gekry.

Ná ’n uitmergelende reis via Pilanesberg deur vol riviere en ontmoetings met wilde diere het Pinto Pretoria op 12 Februarie 1879 bereik.

Drie maande later het Pinto die Zambesirivier en vervolgens Lealui, die hoofsetel van Barotseland, bereik. Siekte het hom onderweg gekortwiek, maar hy het eindelik met behulp van ’n Franse sendeling, Coillard, via die Victoriawaterval en deur die dorre Kalahari op Oujaarsdag 1878 by Shoshong, die hoofsetel van die baMangwato van hoofman Khama III, in die huidige Botswana aangekom.

Ná ’n uitmergelende reis via Pilanesberg deur vol riviere en ontmoetings met wilde diere het Pinto Pretoria op 12 Februarie 1879 bereik.

’n Maand later het hy na Durban vertrek.

Terug in Europa het Pinto met sy talle voordragte in Portugal, Brittanje, Frankryk en België byna oornag ’n held geword. Sy reiservarings is in verskeie tale vertaal, en het in 1881 ook in Engels as How I Crossed Africa verskyn. Hy het ’n deeglike beskrywing gegee van die gebiede waardeur hy gereis het en gedetailleerde sketse van mense, plekke, voorwerpe en bedrywe in die verskillende uitgawes van sy boek geplaas.

Benewens sy baanbrekerswerk om veral kennis oor die gebied noordwes van die Victoriawaterval in te win, is Pinto van belang vir sy ervarings met en siening van die Transvaalse Boere in ’n tyd toe hulle onder Britse bestuur gestaan het (1877-1881). Hy het as Portugees anders na die Boere gekyk as tydgenootlike Britse en Nederlandse besoekers.

Hy het die negatiewe beeld, wat Britse sendelinge en skrywers van die Boere geskets het, betwis en aangevoer dat hulle nie aan Europese standaarde gemeet moet word nie. Hy het hul sterk vryheidsliefde en hul haat vir diegene wat hul vryheid bedreig, opgemerk. Volgens hom het hulle in ’n patriargale bestel eenvoudige lewens gelei, hulle was hardwerkend en het met die Bybel as rigsnoer moreel en eerlik geleef.

Vir sy werk is Pinto tot ridder van Portugese, Franse, Brasiliaanse en Turkse ridderordes geslaan en het hy erelidmaatskap en eerbewyse van verskeie wetenskaplike verenigings ontvang. Hy is in 1900 oorlede.

Eindelik sou Portugal se pogings om sy grondgebied van Angola tot Mosambiek te konsolideer nie opgewasse wees teen Britse imperialisme nie.

  • Pretorius is emeritusprofessor in geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria.
Meer oor:  Fransjohan Pretorius  |  Terugblik  |  Geskiedenis  |  Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.