Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Shakespeare die woordsmid
Annemarie van der Walt

‘In hierdie suiderland gaan ons maar met ’n benepe verwysingsraamwerk vorentoe moet stu as selfs Shakespeare nie meer in ’n skoolkurrikulum kan wees nie,” sê my geleerde vriendin terwyl sy haar vinger in die wit skuim van ’n cappuccino druk.

“Meer benepe,” mompel ek. “Ons kyk nie eens meer op van ons eie naeltjies nie.”

“Die goed is te wit,” sug sy. Ek wéét my simpel naeltjie is wit, wip ek my, aan my voorgeslagte en geskiedenis en gene is daar eenvoudig niks meer aan te doen nie.

“Ek bedoel die skuim. Daar kon maar regtig meer sjokolade oor gesprinkel wees,” sê sy afgemete. “Seal up the mouth of outrage for a while, till we can clear these ambiguities. Romeo and Juliet, terloops.”

“Tempt not a desperate man. Of vrou, in hierdie geval. Ditto Romeo and Juliet.”

My vriendin knik, loer oor haar bril: “Kyk, ek wil nou nie heiligskennis pleeg nie, maar om sonder die Bybel en Shakespeare die wêreld in te vaar, beteken ’n mens mis dalk so ’n helfte van die ondermaanse se metafore.”

Hoe verduidelik jy die gesegde “Jakob vry na Rachel om Lea te kry” as hulle nie daardie verhaal ken nie?

Ek voel hoeka altyd in haar geselskap of ek aan die voete van Gamaliël sit, en spits die ore. “Byvoorbeeld, hoe verduidelik jy aan iemand die gesegde “Jakob vry na Rachel om Lea te kry” as hulle nie daardie verhaal ken nie? Of, blote toeval nè, dat wanneer verwys word na “die ware Jakob” eintlik die hele bedrog en korrupsie met die eersgeboortereg ter sprake kom.”

“Jy moet my verskoon,” val ek haar gedagtegang in die rede, “dat ek nou aan politiek dink. Uit watter Shakespeare dié sin: ‘Oh! I have lost my reputation. I have lost the immortal part of myself, and what remains is bestial.’ ” My uitdagende nederigheid maak plek vir diepe tevredenheid toe sy nie dadelik antwoord nie.

“Dieselfde as ‘O! My offence is rank, it smells to heaven’?” vra sy dan eindelik tussendeur haar tande.

Ons bly lank stry oor of dit in Othello of Hamlet was en bereik eers ’n skietstilstand toe albei instem dat Shakespeare min of meer die woorde-graal van politiekery ontdek het. Hoewel hy in die liefde net ’n kortkop agter is.

Ek bieg my gunstelingsin uit Much Ado About Nothing is: “I’ll eat his heart in the market­place.”

My vriendin haal haar bril af, vee oor haar oë en kyk dan wasig min of meer in my rigting: “En jy noem dit liéfde?” Wel, is my verweer, ek was ook eens jonk, maar al antwoord wat ek kry is ’n kortaf: “Get thee to a nunnery. Hamlet.”

Nie nodig nie, wip ek my opnuut. “As You

Like It

”, deesdae is dit eerder ‘Therefore my

love is as a lusty winter. Frosty, but kindly.’ ”

Sy kén dit, roep my vriendin triomfantlik uit, maar die woord is nie ‘love’ nie; dis ‘age’. “Jy kroek!”

En ons besef ons is pens en pootjies terug by die politiek. Nou ja, sug ons saam: “The worst is not, so long as we can say: this is the worst.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.