Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Sihle Ngobese: Daar is in SA g’n rasseoorlog; dis net ’n mite . . .

Wat in Suid-Afrika skort, is ’n nuwe visie en ek dink dis tyd om so ’n visie te formuleer en ’n nuwe kruistog te begin waarin ons poog om ’n vrye samelewing te help skep waarin eiendomsbesit en voorspoed voorop gestel word.

Om dit te bereik moet ons eers die mite dat daar ’n “rasseoorlog” in Suid-Afrika bestaan, verdryf. Niks kan verder van die waarheid wees nie.

Daar is geen verskil tussen swart en wit of arm en ryk Suid-Afrikaners nie. Ons gee almal om vir ons land en ons gesinne en ons wil graag almal ’n veilige en vrye samelewing geniet.

Ek het vroeër geskryf hoe ons meningspeiling by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) presies dit wys. Wanneer ons mense gevra het of hulle dink dat mense van verskillende rasse en klasse mekaar nodig het vir die land om sy volle potensiaal te bereik, het drie uit vier Suid-Afrikaners met die stelling saamgestem.

Ek was lank van mening dat daar ’n groot kloof bestaan tussen gewone burgers en politici. Daar is talle sogenaamde aktiviste en korrupte akademici wat met ’n verskeidenheid ras-treiterende slenters smous. Dis mense wat baie tyd en energie daaraan spandeer om ons te oortuig dat ons “mekaar haat”.

Dit is slegs wanneer ons, die mense, verenig en vir goeie idees veg dat ons roofsugtige politici en hul slegte idees sal kan terugstoot.

Wanneer ’n mens na hulle luister, sou jy dink dat daar ’n oorlog tussen swart en wit in die land woed. Dit is nie waar nie.

Moenie langer die swak argumente glo wat op identiteit staatmaak nie, ongeag of dit jou ras, geslag of enige ander liggaamlike eienskap is. Idees maak saak, nie jou identiteit nie. Dit berus by elkeen van ons om te veg vir idees wat vryheid en voorspoed bevorder en die slegte idees van die politieke boetie-boetie-spel, staatsbeheer, sosialisme en kommunisme weerstaan.

Sluit aan by die “stryd van idees” en veg vir die idees van vryheid. Dis idees soos die volgende:

  • Beperkte regering. Die regering behoort minder belasting te hef en so klein en plaaslik as moontlik te wees, met magte en hulpbronne wat uit die hande van politici oorgedra word na gesinne en gemeenskappe.
  • Beveiligde en oordraagbare eiendomsregte. Burgers moet vry wees om hul eiendom (hetsy grond, spaargeld of ander eiendom) te besit en moet die reg hê om dit teen arbitrêre onteiening te beskerm.
  • ’n Markekonomie en vryhandel. Individue behoort die vryheid te hê om hul onderskeie ekonomiese belange na te streef deur middel van entrepreneurskap, handel en aanvaarding van werkgeleenthede wat hulle verkies.

Dit is slegs wanneer ons, die mense, verenig en vir goeie idees veg dat ons roofsugtige politici en hul slegte idees sal kan terugstoot.

Indien u, soos ek, in hierdie idees glo, moet u my ondersteun wanneer ek hierdie jaar op my “Vriende van Vryheid”-toer deur die land reis. Ek sal oor die land heen reis en landelike gebiede, townships en voorstede besoek om hierdie idees te deel en die getal vryheidsliewende burgers te laat toeneem.

U kan ook uitkyk vir my nuwe weeklikse potgooi en aanlyn uitsendings, bekend as The Big Liberty Show, waar ek hierdie idees sal bespreek.

Ondersteun ons strewe en werk en word ’n vriend van die IRV. Sluit aan en word ’n maandelikse donateur van die veldtog. Ons gemiddelde donateurbydraes is net minder as R90 per maand, maar dit is van groot hulp in my poging om soveel Suid-Afrikaners as moontlik te bereik.

  • Sihle Ngobese is verbonde aan die IRV. Hy is op Twitter, Facebook en YouTube onder die naam @BigDaddyLiberty.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.