Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Sit dit af, sit dit af!

“I’d rather text than talk” is die nuwe mantra vir miljoene mense. Digitale afstand is die nuwe veilige afstand. Oog-tot-oog-kontak is veels te onvoorspelbaar. Cliff Nass, ’n Amerikaanse navorser, bevind dat baie mense eerder hul slimfone verkies om gesprek te voer, selfs emosionele gesprekke.

Tog bevind hy dat diegene wat op sosiale media boer, se vermoë om hul eie en ander mense se emosies te lees dramaties afneem. Hulle raak emosioneel afgestomp. “Technology does not provide sentimental education,” sê hy.

Daarom het ons gesig-tot-gesig-verhoudings nodig. Persoonlike nabyheid is noodsaaklik. So het die Here ons gemaak. Hy wil ons gesig sien. Om saam met die Here te kuier, is om in geloof te groei. Hy wil met ons praat en saam met ons loop. Ons is dit ook aan ons naaste verskuldig om ons selfone en rekenaars af te sit en net met hulle te kuier. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.