Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Skakel dit ’n slag af

Digitale afstand is die nuwe veilige afstand tussen mense, ook hier in Suid-Afrika. ’n Plaaslike studie in 2018 het bevind dat 28,6 miljoen mense op ’n gereelde grondslag aktief is op sosialemediaplatforms. 78% van mense doen dit via hul selfone. Oogkontak het nou plek gemaak vir selfoonkontak. Praat is ingeruil vir teksboodskappe. Aflyn is ingeruil vir aanlyn.

Die internet beloof dat niemand ooit alleen sal wees nie. Tog is mense alleen, want die groot belofte van digitale media dat ons lewe altyd vol vriende sal wees, het nie waar geword nie. Meer as ooit skree almal na omgee en aanvaarding.

Die Here het ons gemaak vir verhoudings, maar nou is ons “home alone” op die internet. Die meeste van hierdie digitale vriende is fopvriende. Hul likes en digitale kommentaar is vlietende momente voordat hulle weer iets anders like. Die Here roep ons tot regte verhoudings met Hom en ander. Wees asseblief daar vir Hom en mekaar. O ja, skakel jou (nie-)sosiale media ’n slag ook af.

Meer oor:  Stephan Joubert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.