Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Skielik klink die Kaap(s) weer soos Hollands
Martie Retief Meiring

In die omtes is die woord “taal” óf ’n vloekwoord óf ’n stuk dinamiet.

Hier in die Eikestad, aan tafel, of in die straat en selfs onder familie, is jou taalvoorkeur deesdae net so plofbaar soos byvoorbeeld of jy vir die DA of die ANC stem, inent of nie, vir Bheki Cele in die kabinet wil hou of nie.

Of doleer die regte woord is vir die gevoel in die dorp teen die plaaslike universiteit se besluit om Afrikaans nie as sy primêre voertaal te gebruik nie, sal ek nie weet nie, maar dolend hoef ons nie langer te wees nie.

Want, en soos Winston Churchill sou gesê het: “cometh the hour cometh the man”.

So kom die man in die persoon van Darryl David, taalman extraordinaire. David: ’n professor en ’n Indiër, is ’n man vir alle tale, ’n boekman en ’n feesmaker soos min.

Hy versoek die Verenigde Nasies se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur (Unesco), nou om van Stellenbosch die amptelike dorp van Afrikaanse letterkunde te maak.

Hoor die verligting in al die Afrikaanse variante.

Om die Afrikaanse letterkunde ’n “haard” te gee waar die stories, verhale, mites (en die kopstampery) vertel en gevier en bevorder sal word, is ’n groot inspuiting juis ook vir die nuwe stemme wat so sterk na vore kom.

Want hoe ingrypend (selfs finansieel verstaanbaar) dit ook al is, die drastiese afskaling van Afrikaans as hooftaal van die Universiteit Stellenbosch (US) sou beslis nadelig wees vir die sterk letterkundige roem van die Afrikaanse letterkundige departement van die US.

Ook die feit dat die universiteit volgens sy amptelike briefhoof ’n universiteit van drie tale is – Engels, Xhosa en Afrikaans (in daardie volgorde volgens die briefhoof-indeling) – kan dalk vrae laat ontstaan oor presies waar “Afrikaans-erkenning” staan. Eers Engels, dan Xhosa en dán eers Afrikaans?

Hoe sterk Xhosa wel in die universiteit se gebruikstaal floreer is nie baie duidelik nie. Maar Afrikaans het wel bystand van die US in die Toyota Woordfees en ook in die merkwaardige Woorde open Wêrelde (WOW)-projek in skole.

David voel egter vere vir interne tameletjies. Hy het Victoriastraat (die US se kern) verbyge­stap en direk stadsaal toe gegaan. Daar het die plaaslike regering asook die groter distriksraad entoesiasties toegetree.

David het Unesco immers oortuig om Durban as die eerste stad van letterkunde in Afrika te erken. Hoekom sal hy onsuksesvol wees in sy poging om die Afrikaanse letterkunde ’n veilige hawe te bied in die omgewing van Stellenbosch, Franschhoek en die flinke Pniël wat reeds ’n tuiste vir die Adam Small-fees is (ook iets wat die onvermoeide David gevestig het)?

Om die Afrikaanse letterkunde ’n “haard” te gee waar die stories, verhale, mites (en die kopstampery) vertel en gevier en bevorder sal word, is ’n groot inspuiting juis ook vir die nuwe stemme wat so sterk na vore kom.

Nog hoera’s kom vir die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) se museum vir die Xhosakultuur en letterkunde. David is (toevallig) ook ’n proffie by die UWK.

Hoe stuitig dit ook mag wees, dit lyk of die Kaap weer Hollands word!

Meer oor:  Us  |  Afrikaans  |  Kaaps  |  Xhosa  |  Taalbeleid  |  Taal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.