Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Skinderbekke kan dominee mos bystaan
Blouwillem Theron

Ek vermoed as enigiemand vir my drie maande gelede sou gesê het dat ek teen einde Mei 2020 ongeveer 100 potte Krabbel teen my eie wederhelftetjie sou gespeel en ongeveer 70 keer sou verloor het, sou ek gewonder het wat dié ou gerook het.

As hy verder vir my sou gesê het dat ek op hierdie eerste wintersdag kennelik jaloers sou wees op ander ouens se mooi maskers (ja, nie hul Porsches, strandhuis, oorsese vakansies of hul bankrekeninge nie, nee hul maskers!), sou ek doodseker gewees het dié ou is nie net gerook nie, maar gesuip ook.

Ja, swaer, en as dié waarsêer self daai dag geweet het dat hy vir meer as twee maande nie weer gerook of gesuip sou raak nie, sou hy ook minder toiletpapier gekoop het.

Eisj, ja, en toe ek dié dingetjies met neef Bartel deel, sê hy kopskuddend: “Wie sou ooit kon voorspel dat ons mense dié jaar van voor af sou moes leer hande was en dronk bestuur?”

En ja, my hoog agbare president, ons het steeds baie vrae ná u vorige kort geselsie met ons piepols wat basies net gesê het Olof is in, Rembrandt is uit en was julle hande.

U-hulle het nou plek gemaak vir duisende siekes en derduisende ekstra beddens, maar die oomblik as ’n enkele positiewe ou daar instap, sluit die hospitaal sy deure.

Maak dit vir u sin, my Kroon?

’n Ander knellende vraag is byvoorbeeld hoe ’n professionele branderplankryer in die see gaan kom sonder om op die strand te stap?

Of wie gaan besluit watter derde van ons land se studente moet teruggaan universiteit toe? Die boonste derde slimkoppe, of dalk eerder die onderste derde sukkelaars?

My Kroon, en kan u ook vir ons sê hoe oortuig jy die matriekseuns om terug te gaan skool toe as hulle op 2 m moet vry en nie pouses kan rook nie?

My Kroon, en kan u ook vir ons sê hoe oortuig jy die matriekseuns om terug te gaan skool toe as hulle op 2 m moet vry en nie pouses kan rook nie?

En dan die baie tergende vrae oor eerskomende Sondag se eredienste.

Gaan die kerk nie dolleeg wees as die bo-60’s eerder tuis moet bly nie? En wat van ou-dominee wat self in die 60 is?

Ons sien ons mag net luister na een voorsanger en mag nie ’n enkelte noot saamsing nie, maar kan u dalk by tant Nikskossies en haar gevegsraad hoor of dit in orde sal wees as ons met ons laaste asem die longe soos doedelsak-spelers sou voltrek en dan net saggies saam neurie?

Intussen hou ons asem op om te hoor wat Ma-tel en Pa-tel besluit.

Wie die 50 gemeentelede gaan wees wat gekeur gaan word vir Sondag, bly die ou jackpot-vragie: 50 regverdiges, of dalk 50 van ons ou rakkers wat dit die nodigste het?

Dik Daan reken die 50 grootste skinderbekke moet gaan, want dan gaan die boodskap in elk geval binne ’n halfdag soos ’n veldbrand op witblits deur die hele gemeente versprei.

Meer oor:  Dominee  |  Blouwillem  |  Vlak 3  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.