Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Skuldig voel en woede

Hoekom is dit so dat wanneer jy partykeer ophou om goed te wees vir sekere mense, dan word hulle kwaad en smeer jou naam swart? Of hulle verwyt jou?

Wel, dit is dalk omdat hulle verskuif het van skuldig voel na woede. Sommige hou niks daarvan om heeltyd aan die ontvangkant te wees van ander se goedheid nie. Dit skep skuldgevoelens by hulle. Hulle voel hulle is in ander mense se mag.

Die enigste manier om van sulke skuldgevoelens ontslae te raak, is om dit te omskep in woede teenoor daardie einste mense wat goed is vir hulle. So skakel selfbejammering oor na woede.

Woede plaas sulke mense op ongesonde maniere weer in beheer van hul lewe. Lig loop hiervoor. Leer om te kan ontvang. Onthou, mense is ook die Here se helpers. Jy’s nooit in hul skuld as hulle iets vir jou doen nie. Sê vir God dankie vir sulke Samaritane. Wees op jou eie manier self ook een vir iemand anders.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.