Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Slaag Ace teen Cyril het ons pêre
Gert Coetzee

Eerder as oor wie wen en hoe elke party vaar, gaan die 2019-verkiesing op 8 Mei oor wat dan en daarna met die ANC gebeur.

Dat die ANC gaan wen, weet ’n mens alreeds. Die vraag is hoeveel van die stemme hy gaan kry – 56% of 60%?

En hoe die steunbasis – veral as dit minder of meer as die bandwydte hierbo is – gaan bydra tot die uitspeel van die magstryd in die party. Wat die toekoms van die ANC en Suid-Afrika se regerende landskap kan herskik.

Wêreldgeskiedenis en -politiek wys twee magsentrums in ’n bestel hou nie. Veral as magtige hooffigure in die onderskeie sentrums aan die stuur is. Soos die bewindsleier wat mag oor die staatsmasjinerie uitoefen, teenoor die politieke magsmakelaar wat agter die skerms aan’t werk en toutjies trek is.

Die klassieke Suid-Afrikaanse geval was PW Botha versus FW de Klerk. En hoe De Klerk se staatsgreep in die Nasionale Party die politiek herrig het.

In die ANC is dit twee sentrums van mag in een party – Cyril Ramaphosa, staatshoof, in Tuynhuys en die Unie-gebou, versus Ace Magashule, as sekretaris-generaal, in Luthuli-huis.

Internasionale voorbeelde nou is Donald Trump teenoor Nancy Pelosi (Withuis versus Huis van Verteen-woordigers; Republikeine versus Demokrate) en Theresa May versus Jeremy Corbyn (Tories versus Arbei-ders), maar dis ingewikkelder omdat wigte en teenwigte (van opponerende politieke partye) deel van die dinamika is.

In die ANC is dit twee sentrums van mag in een party – Cyril Ramaphosa, staatshoof, in Tuynhuys en die Unie-gebou, versus Ace Magashule, as sekretaris-generaal, in Luthuli-huis.

In Desember het Ramaphosa spelenderwys, soos sy styl is, vir Magashule op die Global Citizen-fees in Johannesburg as sy “baas” bekend gestel. Ondanks die flikflooiery is die wig diep ingedryf. Verskillende uitsprake oor kernkwessies word in ritmiese sarsies vanuit hul onderskeie sentra gevuur – met die repudiasie van die ander party nie al te subtiel nie.

As Cyril buitelandse markte wil paai met die belofte dat die Reserwebank nié genasionaliseer gaan word nie, wys Ace gou van ’n ander openbare forum uit dit wás ’n ANC-resolusie op sy Nasrec 2017-konferensie dat die bank genasionali-seer gáán word.

Uiter die regering (met Ramaphosa as hoof) geluide oor afleggings by die SAUK of die herstrukturering van Eskom, is Magashule die ander stem vanuit die party wat sê die ANC gee om vir mense en glo nie aan die besnoeiing van personeel of aan die privatisering van Eskom nie.

Ramaphosa het ná die Durbanse ontmoeting van Magashule en ander konkelaars in 2018 gekap na diegene “in donker hoekies” wat daaraan werk om die ANC te verlam. Magashule se respons (luidens AfricaNews 24-7): “Ekis nie ’n produk van wit kapitaal nie.”

En: “. . . geen leier van die ANC waarvan ek deel is, gaan my en baie ander keer om pres. (Jacob) Zuma te ontmoet nie.” Asook: “As jy ons leiers wil ondersoek, kyk wie is in die sake-wêreld en wie nie. Vat ons een vir een en kyk watter leier is trots op wit mense en dan praat ons oor (staats)kaping.”

Verskillende style kom ook na vore.

Verskillende style kom ook na vore.

Die meer gematigde Ramaphosa wil homself as staatsman vestig. Hy gaan proses- en stelselgedrewe te werk. Ace is die cowboy-revolusionêr wat gewild wil wees by die mense wat hy versaak.

Die uiteenlopende ideologiese klem in een party op sake soos nasionalisering, grondhervorming, die vryemarkstelsel en ander behoort onwerkbaar te wees.

Weens die ANC se skisofreniese aard (verskuil agter die spreuk “a broad church of ideas”) het dit tot dusver gewerk. Logika sê tog albei magshere gaan nie hou nie. Net een gaan oorleef. Met ’n nadraai vir die party.

Slaag Magashule daarin om die ANC terug te kaap, het Suid-Afrika groter probleme. Nes in die Vrystaat . . .

Meer oor:  Ace Magashule  |  Gert Coetzee  |  Cyril Ramaphosa  |  Mag  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.