Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Só dompel ANC ons in verveling
Gert Coetzee

Nee, kyk, so kan dit nie aangaan nie. Dat die ANC sover gaan om skuld oor sy elite-kaders se gratis saampiekelry op die regering se lugtaxi na Zimbabwe te bely en selfs die koste wil vergoed. Waar gaan dit eindig?

Ace Magashule wat die melk met ’n spesiale ANC-kontrêpsie – in groen, geel en swart en met dollartekens daarop – in die leeggesuigde Vrede-melkkoeie se spene terugpomp?

Jacob Zuma wat nie meer in sy vuurpoel swem nie?

Die wapentransaksie se vliegtuie en duikbote word aan die Franse en wie ook al in ruil vir die verlore R13 mil­jard, wat R30 miljard geword het, teruggee en in ruil word al die beloofde huise vir die “armste van die armes” wat die ANC so na aan die hart lê blitsig voltooi?

En wie moet ons bedank? Seker tog nie die ongeprese ANC-integriteitskomitee nie?

Nomvula Mokonyana wat die Aston Martin in haar motorhuis, wat niks met niemand te doen het nie, verkoop; die geld uitdeel (nie soos Marié-Antoinette nie); alle weldoeners vertel wat hulle met geskenke vir haar verjaardagpartytjie wat nie ’n partytjie was nie, kan doen, en net die waarheid, en niks anders nie, aan die Zondo-kommissie vertel, ongeag van die ri-siko wat die vlaag eerlikheid inhou?

Of die geheueverlies van Peter Thabethe, oudhoof van die Vrystaatse land-boudepartement, en Seipati Dlamini, finansiële oudhoof, en andere voor die Zondo-kommissie soos mis voor die son opklaar en dat hulle erken aanspreek-likheid vir die Vrede-melkskandaal berus by hulle?

Die land sou vrek van die verveling.

En trane sou biggel oor die wange van arme rubriekskrywers wat eensklaps van satiriese stof ontbeer is. Na-dat pres. Cyril Ramaphosa juis Maan-dag in sy brief aan die nasie die media se waghondrol so geprys het. Soos dié rubriek wat ná die ANC-boetedoening oor die Zim-vlug uit nood skielik omge-swaai moes word. Maar ek bedoel – dat ou Ace en sy makkers tot vir die Zim-vlug gaan opdok. Sekerlik die hele R336 000. Dis ongehoord!

En ons weet hoe gerat die Zondo-kommissie is. Toegegee, dié span is darem net twee jaar heeltyds aan’t werk. En met die grysheid kom wysheid.

En wie moet ons bedank? Seker tog nie die ongeprese ANC-integriteitskomitee nie? Dis skaars twee weke gelede wat Ramaphosa sy dekreet uitgereik het dat dié komitee, wat altyd so ’n bie-tjie van ’n Yengeni-grap was, korrupsie-verdagtes in die party se saak moet aanhoor en teen hulle moet optree. In-dien­­ wel, het die komitee blitsig wonde-re verrig. Maar die sterk vermoede is – en ek wed ’n Aston Martin daarop – is dat Hy-Wie-Se-Gif-Stadig-Werk se hand in hierdie pretbederwery te lese is.

Dié inmenger, wat glo ook ’n buffel soos Vaaltyn kan ry, het selfs belowe die integriteitskomitee gaan tande kry.

Hoewel Suid-Afrikaners wat so dik van die lag oor staatsvergrype en mags-misbruik was, ietwat bederf geraak het daarmee dat “ANC” en “integriteit” in dieselfde asem ietwat van ’n oksimoron is – soos ’n jeugdige grysaard, vierkan-tige sirkel, nederige politikus of edel-moedige staatskaping.

Maar algaande leert men.

Iets pla tog. ’n Soektog op die getroue internet wys dat George Mashamba (76), leier van die integriteitskomitee, amper die jongste van die 12 lede, mees-tal met ’n struggle-verlede, is.

Gaan die komitee genoeg jare hê, siende dat die kommissie van ondersoek na staatskaping onder regter Raymond Zondo te min vingers vir al die gate in die korrupsiedyk het?

En ons weet hoe gerat die Zondo-kommissie is. Toegegee, dié span is darem net twee jaar heeltyds aan’t werk. En met die grysheid kom wysheid.

Die integriteitskomitee se vertrekpunt sal wees om vas te stel wat “integriteit” – hul bestaansrede – presies behels.

Hulle kan gerus by ’n ander grysaard, genaamd Warren Buffett, kers opsteek.

Wat beteken “integriteit”? wou CBS News weet. “Die vermoë om ‘nee’ te sê,” was Buffett se antwoord.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.