Met ons rand die laaste jare in die algemeen in ’n benarde posisie is die verste wat ek deesdae reis omtrent tot by Westonaria.
En dan die ander groot rooi lig: Die vrees om in een van die duurste lande ter wêreld met jou karige randjies in ’n hospitaal te beland.
Dis presies wat die afgelope week of wat met my ou maat Nante daar in Switserland gebeur het.
R158 000 net vir die deposito om vir hom én sy blindederm slaapplek in die hospitaal te verseker.
En toe is hy nog boonop sonder sy dermpie daar uit. Eina, my ente!
Nante is intussen ontslaan, maar het gewonder of hy sy blindederm daar naby Zürich moet begrawe of terugbring huis toe.
Sy mederegsgeleerdes reken as hy die ou dermpie dáár begrawe, kan hy dalk oor ’n paar jaar ’n goeie saak vir ’n grondeis daar êrens in die Alpe hê.
Zumnesia is natuurlik die ander vorm van Heimer, wat op sy beurt net halwe Alzheimer is, oftewel wanneer jy net die helfte van alles vergeet.
Nante, aan die ander kant, dink as hy volgende jaar weer gaan en byvoorbeeld sy galblaas en liddorings daar laat verwyder en daarna ’n paar katarakte, die Switsers dalk kan dink hy probeer op ’n slinkse manier immigreer.
Maar nou ja, dis een ding om jou blindederm êrens langs die pad te verloor en iets anders om skielik jou geheue kwyt te wees, soos arme oom Jakob.
Die een oomblik nog ’n fris en gesonde sewentiger en die volgende oomblik ’n ongeneeslike lyer aan die gevreesde siekte Zumnesia, oftewel ’n toestand waarin jy onthou om te vergeet en ander tye vergeet om te onthou.
Zumnesia is natuurlik die ander vorm van Heimer, wat op sy beurt net halwe Alzheimer is, oftewel wanneer jy net die helfte van alles vergeet of besluit wat jy gerieflikheidshalwe wíl onthou (byvoorbeeld jou vier vroue se verjaardae).
Mense, dis baie erg as jou sif onherstelbare groot gate ook inhet.
En om kwaad te word en uit te loop as jy nie van die regter se vrae hou nie, het ons menigmaal as studente in eksamentyd gedoen. Natuurlik die proffie se skuld, want as dié die vrae gevra het wat jy ken, sou dit nie nodig gewees het om uit te loop nie.
Maar nou ja, daar is niks nuuts onder die son of maan of sterre nie, want selfs in die Groot Woord staan daar in Genesis 31 vers 36: “Toe word Jakob kwaad en hy verwyt vir Laban (lees juts Zondo): ‘Wat het ek verkeerd gedoen? Waar het ek oortree dat u my agternagesit het?’ ”
Soos oom Johnny dié onverkwiklike situasie opsom: “Dis ’n onbegonne saak. Hoe wil jy ’n man wat in ’n rondawel bly in ’n hoek vaskeer?” Ja, vriende, 50 jaar ná die eerste man op die maan weet oom Jakob minder as dáái man van staatskaping.
Or for that matter van enigiets anders.
“Hoe moet ek weet wat ek vanoggend vir ontbyt gehad het, ek is mos nie ’n kok nie?!”