Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Só het SA nog lang pad om te loop, sê OB
Adv. Busisiwe Mkhwebane Foto: Morapedi Mashashe
Philda Essop

Die groot pop met die gesig van Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, wat aan ’n boom gehang is, is ’n teken van die “lang pad” wat Suid-Afrika nog het om te stap.

Dit roep beelde op van ’n verlede waarheen die land nie wil terugkeer nie, het adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, Vrydag in haar Vryheidsdagtoespraak in Masiphumelele, by Vishoek, gesê. Sy het ook verwys na die “ontstellende voorval” waarin Vicki Momberg in die hof skuldig bevind is weens gebruik van die k-woord.

“Ons het steeds ’n lang pad om te stap. Ons moet as ’n span aan die voorvalle werk. Ons wil nie hê dat die bose stelsels van kolonialisme en apartheid moet terugkeer nie. Ons moenie toelaat dat voorvalle soos dié terugkom nie,” het sy gesê.

Mkhwebane het ná haar toespraak gesê Suid-Afrika behoort vorentoe te beweeg. “Ons pleit by almal om te verseker dat ons as mense leef, ongeag van ons kleur of afkoms, want dit (die voorvalle) roep verskriklike herinneringe by baie van ons op.”

Haar uitspraak volg nadat die sogenaamde Lesufi-pop Woensdag voor die kantore van die onderwysdepartement aan ’n boom gehang is. Daar was ook ’n plakkaat waarop Lesufi beskuldig is dat hy Afrikaans verkrag.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys.Foto: Themba Makofane

Een van die mans wat die pop daar opgehang het, het ontken hy is rassisties. Die groep waarvan hy deel is, is omgekrap omdat hulle al twee maande wag dat die departement reageer op ’n memorandum oor die “vernietiging” van Afrikaans in skole.

Nomvula Mokonyane, minister van kommunikasie, het Donderdag namens die kabinet gevra dat patriotiese wit mense hulle moet uitspreek teen sulke voorvalle.

Ook die ANC in Gauteng, asook die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) in Gauteng, het die voorval vroeër veroordeel, terwyl die EFF ’n beroep op die polisie gedoen het om mense in hegtenis te neem en te vervolg.

)Prof. Ben Turok, voormalige ANC-LP, wat ook by die geleentheid in Masiphumelele gepraat het, het plaaslike inwoners aangemoedig om op te staan, hul stemme te verhef en op gelyke geleenthede aan te dring. Hulle behoort by die omliggende gemeenskappe soos Noordhoek en Capri om hulp aan te klop om Masiphumelele te help ophef, het hy gesê.

Turok het na die groot ongelykhede tussen die township en die omliggende gebiede verwys en het die Kaapse stadsraad daarvan beskuldig dat hy nie vir Masiphumelele omgee nie.

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Busisiwe Mkhwebane  |  Politiek  |  Pop  |  Ob  |  Rassisme  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.