Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Só is ekologie, ekonomie en politiek verbind

Natuurwetenskaplikes het die gedrukte media ’n week gelede voor stok gekry omdat nuus oor die brande in die Amasone nie wêreldwyd op die voorblaaie was nie.

Die brande was toe reeds drie weke aan die gang. Sommige joernaliste, veral dié na aan die regse regering van pres. Jair Bolsonaro van Brasilië, het getwiet: “Dit is brandtyd in Brasilië. Kry jul feite reg.”

Toe die nuus oor die omvang van die meer as 7 000 brande begin insink, het die nuusdekking vlamgevat. Die meeste koerante en TV-netwerke het beklemtoon dat die wêreld se longe aan die brand is, met ’n verduideliking dat 20% van die suurstof wat ons inasem deur dié reënwoud geproduseer word.

Die streek is die tuiste van sowat 2,5 miljoen insekspesies, 40 000 plantspesies, 2 200 visspesies, 378 reptielspesies en meer as 1 300 voëlspesies.

Peter Gleick, Amerikaanse water- en klimaatwetenskaplike, het die naweek aan joernaliste getwiet dat die ware kwessie nie is dat ons suurstof gaan opraak nie. Die kritieke kwessies is:

  • Die vernietiging van ’n natuurlike ekostelsel;
  • Die produksie van koolstofdioksied en die verlies aan absorpsievermoë van dié kweekhuisgas (deur die inheemse woud); en
  • Geweld teen inheemse volkere.

Die Wêreld- Metereologiese Organisasie sê die brande kan mense ernstig siek maak deurdat dit onder meer dodelike stofdeeltjies en die gifgasse koolstofmonoksied, stikstofmonoksied en stikstofdioksied in die atmosfeer vrystel.

Een van die baie wonders van die natuur is dat daar ’n ekologiese band bestaan tussen die Amasone en die Sahara-woestyn in Afrika.

Die Amasone is/was ’n unieke reënwoud van sowat 5,5 miljoen km² (dis nog nie seker wat die omvang van die skade is nie) en is die habitat van ’n geraamde 390 miljard bome, wat in 16 000 spesies verdeel word.

Die streek is die tuiste van sowat 2,5 miljoen insekspesies, 40 000 plantspesies, 2 200 visspesies, 378 reptielspesies en meer as 1 300 voëlspesies. Wetenskaplikes het net in Brasilië al tussen 96 660 en 128 843 ongewerwelde spesies beskryf.

Teen die vroeë 1980’s het minder as 200 000 mense in dié deel van die Amasone gewoon, wat geografies deel van Brasilië uitmaak.

Een van die baie wonders van die natuur is dat daar ’n ekologiese band bestaan tussen die Amasone en die Sahara-woestyn in Afrika.

Wetenskaplikes het vasgestel die Amasone is vir sy voortbestaan afhanklik van die Sahara se sand en stof, wat uit fosfor en ander voedingstowwe bestaan.

Wanneer die wind in die Sahara waai, skep dit die sand op en waai dit duisende kilometer oor die Atlantiese Oseaan tot in die Amasone, waar dit oor dié bioom gestrooi word. Sowat 182 miljoen ton sand (689 290 vragmotors vol) word jaarliks oor die Atlantiese Oseaan gewaai. Sowat 27,7 ton val in die Amasone-woud.

En nou het die brande in die Amasone en klimaatsverandering (al ’n ruk gelede) ook die agenda van die G7-lande gehaal. Dit is net weer ’n bewys dat ekologie, ekonomie en politiek onlosmaaklik met mekaar verbind is.

Meer oor:  Amasone  |  Brande  |  Ekonomie  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.