Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Só kan grond versoening in SA help dien

die Bybel het versoening ’n tweeledige betekenis – dit verwys na die eenwording van mense wat van mekaar vervreem was, én die verwydering van die struikelblokke in die weg van hierdie vereniging.

Dus versoening tussen God en mens, tussen mense onderling, tussen elke mens en hom- of haarself, en tussen mens en natuur.

In 1988 het die Suid-Afrikaanse teoloog Itumeleng Mosala benadruk dat versoening ook die vereniging tussen mense en grond insluit.

In die Ou Testament was grond een van die seëninge wat gekoppel was aan die verbintenis en toewyding van God aan mense.

Grond is ’n wesenlike bestanddeel van ’n lewe van menswaardigheid, heling, geregtigheid, vryheid en gelykheid. Grond is in ’n sekere sin die moeder wat die middele voorsien waarsonder só ’n lewe nie moontlik is nie. Dit voorsien die middele wat in die verskillende behoeftes van mens, plant en dier voldoen. Dit sluit in fisieke behoeftes soos voeding, kleding, gesondheidsorg, behuising, veiligheid en geborgenheid.

Dan is daar ook die behoefte aan verhoudings en vriendskappe, en aan deelname aan die sosiale, politieke en veral ekonomiese prosesse in die samelewing. Hierdie behoefte aan behoort en deelname sluit ook die verbondenheid aan vorige en volgende geslagte in.

Die behoefte aan die ontwikkeling van jou talente, gawes en potensiaal, asook aan selfvervulling, vra ook om aangeraak te word.

Sommige mense wil die oorspronklike stukkie grond terughê omdat hul identiteit met daardie grond verbind is.

Die proses van grondhervorming kan ’n positiewe onderneming wees as dit die bevordering van ’n lewe van menswaardigheid vir almal in die oog het.

Sommige mense wil die oorspronklike stukkie grond terughê omdat hul identiteit met daardie grond verbind is. Vir veel meer mense beteken grondhervorming dat dit die weg na ’n menswaardige lewe en die vervulling van hul talle menslike behoeftes is.

Vir waarskynlik die meeste mense is versoening met die oorspronklike grond nie wat hulle verlang nie. Hulle wil eerder in hul geboorteland ruimtes, geleenthede en middele kry wat ’n lewe van menswaardigheid vir hulle en hul nageslagte verseker.

Grondhervorming kan heilsaam en helend wees, mits: die mikpunt ’n lewe van menswaardigheid vir almal is; dit op deernisvolle wyse voltrek word; dit op verstandige wyse geskied en nie voedselsekerheid bedreig en mislukking vir mense veroorsaak nie; dit nie ’n handeling van vergelding en vervreemding is nie, maar van heling en genesing; dit nie ’n middel word wat misbruik word vir goedkoop populisme en partypolitieke gewin nie.

Uiteindelik mik moreel aanvaarbare grondhervorming na ’n ruimte en tuiste van menswaardigheid vir almal.

  • Prof. Koopman is ’n teoloog en viserektor aan die Universiteit Stellenbosch.
Meer oor:  Nico Koopman  |  Sielsgoed  |  Godsdiens  |  Grond  |  Geloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.