Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Só lyk ’n wenlewe

In elke sportsoort of beroep weet ons hoe ’n oorwinning lyk. Vreemd genoeg weet ons nie aldag hoe ’n oorwinning op God se terrein lyk nie. Paulus weet. Hy vertel ons in Galasiërs 5:22-23. Dit gebeur wanneer die vrug van die Heilige Gees in jou lewe vorm aanneem.

Paulus praat van die vrug van liefde, vreugde, vrede, geduld, sagmoedigheid, goedheid, geloof, nederigheid en self­beheersing. Dit is die teenoorgestelde van ’n leefwyse wat God net mooi niks aanstaan nie. Paulus beskryf die goor uitvloeisels van so ’n lewe in Galasiërs: 5:19-21. Hy sê dit word gekenmerk deur seksuele immoraliteit, mo­rele korrupsie, vyandskap, onmin, verdeeldheid, jaloesie, dronkenskap en baie meer. Hierdie verloorlewe staan lynreg teenoor ’n wenlewe onder leiding van die Gees.

Paulus sê ons moet tussen hierdie twee leefwyses kies: ’n verloorlewe van verslaafdheid aan al wat ’n vernietigende sonde is of ’n wenlewe van vryheid en vreugde in die Here.

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.