Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Sonja Loots: Dalk is Trump reg: die land is ’n ‘sh*thole’ . . .

Suid-Afrika se sosialemedia-gebruikers is skynbaar verenig in hul verontwaardiging daaroor dat pres. Donald Trump van Amerika ons land blykbaar as een van die wêreld se sh*t­hole countries beskou.

Deser en gene plaas foto’s wat skynbaar bedoel is om sy stelling te weerlê: pragtige natuurtonele, drankies wat in die son flonker, vrolike vriendekringe wat om vol borde kos fuif. Die boodskap is duidelik: Die ou weet maar net nie hoe lekker ons hier in ons eie sh*thole leef nie, hahaha.

Met die kinderlike entoesiasme van die gekoesterde elite pryk daar op menige Facebook-blad ’n foto van die boekwinkel in New York wat ’n versamelinkie pennevrugte van skrywers uit sh*thole countries uitgestal het. Niemand praat oor die feit dat skrywers lesers nodig het en dat Suid-Afrika (en die res van Afrika) se ongeletterdheidsyfer skandalig hoog is nie. Trump kan mos in elk geval ook nie juis lees nie en ons is nie Afrika-pessimiste nie, a nee a.

As ons eerliker was, het ons vergeet van boeke en G&T-sonsondergange, en Trump se opmerking gemeet aan die werklikheid van die meerderheid van Suid-Afrikaners.

In die gees van die brutaliteit van sy woordkeuse sou ’n mens moes erken dat Suid-Afrika vir miljoene nie net metafories nie, maar letterlik ’n sh*thole country is.

Die familie van Sinoxolo Mafevuka, wat verkrag en vermoor is toe sy sewe-uur in die aand na ’n openbare toilet 200 m van haar huis in Khayelitsha gestap het, stem sekerlik ook saam.

Rosina Komape, wie se vyfjarige seun, Michael, in sy skool se puttoilet verdrink het, stem sekerlik saam. So ook die kinders in 73% van skole in Suid-Afrika wat nog gevaarlike putlatrines gebruik, luidens ’n beëdigde verklaring deur Equal Educa­tion tydens die geregtelike ondersoek na Michael se dood.

Die familie van Sinoxolo Mafevuka, wat verkrag en vermoor is toe sy sewe-uur in die aand na ’n openbare toilet 200 m van haar huis in Khayelitsha gestap het, stem sekerlik ook saam. Dieselfde geld die familie van die kleuters Zandile en Yonelisa Mali, wie se lykies in ’n Diepsloot-toilet in Soweto gevind is nadat ook hulle verkrag en vermoor is.

In hierdie koor hoort die stemme van die 33% van Suid-Afrikaners wat weens finansieringstekorte in 2018 steeds op gemeenskaplike en/of puttoilette aangewese is, en dus nie baat vind by die spoeltoilet wat al in 1596 uitgevind is nie. Benewens gesondheidsrisiko’s hou dit veral vir vroue en kinders groot veiligheidsgevare in.

Die kabinet het in 2003 die strategiese raamwerk vir waterdienste goedgekeur wat daarop gemik was om die emmerstelsel teen 2006 te vervang. Dit is nie gedoen nie en daar is geen hoop in sig nie, want die minister van water en sanitasie het reeds bevestig dat daar in die huidige boekjaar geen geld vir die verbetering van sanitasie bewillig is nie.

Oor elke luilekkerland-foto wat in reaksie op Trump op Facebook geplaas het, val die skaduwee van Michael Komape,

Sinoxolo Mafevuka, Zandile en Yonelisa

Sinoxolo Mafevuka, Zandile en Yonelisa

Mali, en elke ander vrou of kind wat dood gevind is in ’n

Mali, en elke ander vrou of kind wat dood gevind is in ’n sh*thole in Suid-Afrika.

Ongeag ons geldige voorbehoude en besware teen Trump behoort ons, in alle billikheid teenoor al Suid-Afrika se inwoners, sy woorde te weeg in die konteks van die

sistemiese korrupsie, wanbesteding, onbekwaamheid, armoede en wanhoop waarvan die land se stink sinkhokkies simptomaties is.

sistemiese korrupsie, wanbesteding, onbekwaamheid, armoede en wanhoop waarvan die land se stink sinkhokkies simptomaties is.

Om te erken dat Suid-Afrika inderdaad vir miljoene van sy mense ’n sh*thole country is, beteken nie jy is ’n rassis of Afrika-pessimis nie. Dis ’n noodsaaklike beginpunt vir verandering en hervorming.

Miskien, net miskien, kan ons die woede vir ’n ander land se leier beter kanaliseer deur te fokus op die drolle in ons eie drinkwater, die skaamtelose politici wat ons om die dood nie “gesink” kry nie.

Meer oor:  Sonja Loots  |  Die Ander Kant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.