Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Sonja Loots: ’n Oeuvre van ongeëwenaarde onbeleefdheid

Philip Roth se dood Dinsdag aan hartversaking bring ’n einde aan sy dekade lange skrikbewind as geniale groot kokkedoor van skandalige seksbeheptheid en skurwe smerigheid.

Hy laat ons met ’n oeuvre van ongeëwenaarde onbeleefdheid: sowat drie dosyn romans wat wemel van verbitterde, belustige mans wat hul wrokke tot bloedens toe koester; jagse en geniepsige uitbeeldings van vroue; verwoede politieke tirades; en ’n brutale oormaat aan buitensporig onbetaamlike beskrywings van fornikeerdery.

In Roth se berugte Portnoy’s Complaint, ’n pueriele roman waarin vuil sokkies, stronklose appels, leë melkbottels en stukke rou lewer hul verskynings maak in inventarisse van onanistiese uitspattighede, verklaar die haatlike hoofkarakter: “Enough being a nice Jewish boy, publicly pleasing my parents, while privately

pulling my putz”. Mens sou dit kon lees as slagspreuk van Roth, wat sedert die laat 1960’s stormenderhand slaags gebly het met die Joodse bourgeoisie en respektabele preutsheid. Nooit in sy skrywersloopbaan het hy in die versoeking gekom om lesers se pad met rose te bestrooi nie. Vir goedertierende sieleadel moet jy elders soek. As jy Roth lees, moet jy weet: Jy gaan tweede kom. Elke roman is opnuut ’n provokasie en verwoede molesmakery wat jou die skrik op die lyf wil jaag.

“He is the best novelist in America. I hope he never writes another word,” het die feminis Julia Keller op ’n keer geskryf, uit radeloosheid oor sy uitbeelding van vroue as siellose seksmasjiene in romans wat jou nietemin bedwelmd van bewondering laat. Hare was verreweg nie die mees akute aanval van Roth-ritteltits nie. In 2011 het Carmen Callil uit die beoordelaars-

paneel van die Man Bookerprys bedank toe Roth bekroon is. “He goes on and on about the same subject in almost every book,” was een van haar slingerende verwyte oor die kroniekskrywer van foonseks, anale seks, pederastie, fellatio, cunnilingus, masturbasie en diverse ander maniere van kattemaai. Een te erg vir Callil: “It’s as though he’s sitting on your face and you can’t breathe.”

Nie net vrouelesers het grootoë en dikstem gemaak nie. Rabbi’s het Roth woedend tereggewys oor sy uitbeelding van Jode en Joodsheid, pres. Richard Nixon het hom ’n morele melaatse genoem en Irving Howe se katterige uitspraak oor Portnoy’s Complaint was: “The cruelest thing anyone can do with it is read it

twice.” Maar Roth was hondtaai en hardekwas wanneer sedemeesters hom die leviete voorlees en hekwagters van die Noord-Amerikaanse literêre establishment hom misprys. Terwyl sagmoedige Neelsies en stille lammetjies agter hul tikmasjiene of sleutelborde sit en soetbroodjies bak het, was elkeen van sý boeke ’n nuwe bevlieging van blakende balhorigheid, ’n opstuiwing van geil raserny en ’n vulkaniese uitbarsting van woedende drifte.

En nou is dit skielik slaaptyd vir een wat altyd wakker geloop het. Dit sou donkiedom wees om te meen dat sy dood ons beroof van niks meer nie as ’n vuilspuit en smeerlap. Roth is weergaloos as boekstawer van wat hy op ’n keer beskryf het as “the fury, the violence and the desperation of the indigenous American berserk”.

Slegs ’n hart van klip kan nie aangegryp word deur sy volgehoue, uitmergelende worstelings met oudword en die dood nie. Tematies was hy ’n sterk swemmer in troebel waters en as vakman ’n Goliat. Boonop was sy romans nooit beginselloos nie; eerder ’n droewe, dol verset teen liggeraakte kloekmoedigheid en knypstert- politieke korrektheid.

Die skrywer met genoeg leeuemoed en titaniese talent om sy skoene vol te staan, moet nog gevind word.

Meer oor:  Die Ander Kant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.