Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Sorgetiek nodig vir heling, groei
 Laetus Lategan

Alles of niks.

Dít het die patroon van ons leef- en denkstyl geword.

Die keuse tussen twee dikwels uitsluitende opsies is ’n vername rede waarom ons mekaar nie vind wat etiese dilemmas betref nie. Ons is onbeweeg- baar in ons denke. Hierdie absolute oortuiging word gerugsteun deur ’n beroep op “die Bybel sê.”

Maar wat die “Bybel sê”, is nie vir almal ewe duidelik nie en het ook nie vir almal dieselfde betekenis nie.

Wat wel duidelik is, is die afwesigheid van barmhartigheid, sorg en liefde.

Ons vryval-samelewing vra dat ons weer moet besin oor watter etiek beoefen word.

Ons vryval-samelewing vra dat ons weer moet besin oor watter etiek beoefen word. Met selfvertroue kan ons sê geweld, diskriminasie, korrupsie, rassisme, onprofessionele optrede, swak dienslewering, armoede en nog baie meer dra by tot die oortuiging dat die huidige manier van doen en dink nie werk nie.

Ons kort ’n nuwe etiek.

Tans word ’n etiek bedryf wat mense eerder uitmekaar dryf en hou as om hulle nader na mekaar te bring. Die styl van ons tyd is dat ek eerder wegstap. Ek het mos klaar gepraat. Slagoffers ten spyt.

Daar is net te veel uitdagings wat ons as samelewing in die gesig staar, maar wat ons skynbaar nie kan hanteer nie.

Hoe is dit moontlik dat ons bly sukkel met die vestiging van ’n kultuur van menswaardigheid? Om met deernis elkeen te ontmoet in sy of haar seer. Nie om antwoorde te gee nie, maar om ten minste te erken dat mense seer het.

Dalk kan ek begin om hierdeur die heling bring.

Dalk kan ek begin om hierdeur die heling bring.

Om die probleem op te los, sal ons moet begin om anders oor ons optrede te dink. Die antwoord is allermins in ’n “óf . . . óf”- gesindheid te vind, maar veel eerder in ’n “én . . . én”-benadering.

Wat kan elkeen doen om ’n saak te verbeter? As dít jou ingesteldheid is, is daar nie net een manier van dink oor ’n saak nie. Saam op weg, sou die etiese ondertoon wees.

As ons ’n etiek vir die huwelik het, sal ons ook een vir saamwoon en selfde- geslagverhoudings moet hê. Die werklikheid van hierdie verhoudings bestaan.

Of wil ons regtig beweer dat begrip, deernis, veiligheid, lojaliteit, eerlikheid, omgee, opoffering, barmhartigheid, sorg en liefde nie op alle verhoudings van toepassing is nie?

Wil ons verder argumenteer dat respek vir lewe nie ook geld vir ontwikkelende en kwynende lewe nie? Is eerlikheid net gereserveer vir die openbare amptenaar? Wat van ander beroepe? Of tuis?

Ek kan ’n tuiste vind in ’n sorgetiek.

Hier is die vertrekpunt om iemand te ontmoet in die situasie waarin hy of sy is. Vanuit ’n etiese vertrekpunt staar dilemmas mense in die gesig. Hulle weet nie hoe nou verder nie. Dit is hier waar jy saam op weg moet gaan. Jy neem mense van die situasie waarin hulle is, na een wat behoort te wees. Die klem is juis om te groei na ’n verhouding en situasie wat haalbaar is, volgens die Belgiese etikus, Roger Burggraeve.

Hoe jy met mense omgaan, is ’n refleksie van jou eie etiek.

Die NG Kerk het by sy sinode weer besluite oor selfdegeslagverhoudings, gendergeregtigheid en rassisme geneem. Dit alles vra ’n nuwe kerkhervorming. Maar dit is nodig om méér te doen.

Daarom sal my pleitrede steeds wees vir ’n etiek om mekaar te ontmoet, te versorg en om te help groei na ’n verwagte nuwe wêreld. Dit is seker wat hoop is: om verby te kyk na wat is. Sake kán anders.

Dit bly altyd verrassend dat in ons nadenke oor Matteus 5: 23-24 die klem is op die erediens wat onderbreek moet word om die saak te gaan regstel as iemand iets teen jou het.

Maar dink ons ooit daaraan dat dit eintlik gaan om die erediens te voltooi?

Meer oor:  Laetus Lategan  |  Geloof  |  Sielsgoed  |  Groei  |  Heling  |  Sorgetiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.