Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Soveel perde met soveel vreemde name!
Johan van Wyk

Het Markus Jooste van Steinhoff al gehoor van die drie maniere om jou dinges te sien?

Klaarblyklik nié, anders sal hy nie 500 perde aangehou het nie.

Stadige perde is mos die gouste manier om jou dinges te sien.

Vinnige vroue is die lekkerste en boerdery die sekerste, so sê hulle.

Ek wil nie eens daaroor dink wat dit hom moes gekos het om 500 perde te voer nie.

’n Perd kan jou uit jou huis vreet.

Het jy al ’n perd sien lê?

Behalwe as hy koliek het, lê ’n perd nooit nie. In die veld staan en vreet hy op sy voete – dag en nag.

Jooste moes ook nagte lank wak­ker gelê het om name vir daardie 500 perde van hom uit te dink.

Op stal tuur hy voortdurend oor die onderdeur, wagtend op kos. Soos ’n bedorwe hond met die gepaste naam Wagter, omdat hy van die môre tot die aand by jou agterdeur wag om in die huis te kom.

Behalwe oor wanneer die Steinhoff-bom sou bars, moes Jooste ook nagte lank wak­ker gelê het om name vir daardie 500 perde van hom uit te dink.

Soos jong Afrikaan-se mense, in hulle on-verstaanbare strewe om mooi, tradisie-ryke familiename te omseil, slapelose nagte deurmaak om ’n belaglike konkok-sie uit te dink om hulle kinders by die doopvont mee op te saal, moes dit vir Jooste ’n nagmerrie gewees het.

Miskien moes hy pleks van eksotiese name soos Astronomer, Coolmore, Rostropovich, Willie John en Magic Wand (het hy voorsien dat ’n “magic wand” nodig sou wees om Steinhoff te red?) by kort Afrikaanse name soos Bles, Vonk, Sieraad, Dapper en Voorslag (uit A.G. Visser se gedig “Appelblouskimmel met spierwitte maanhaar”) gehou het.

Dis wat die boere hulle perde genoem het.

Of mensname.

Ek het as seuntjie op hondmak ou Japie leer perdry.

Baie jare later was my lekkerste ryperd ’n appelblouskimmel met die naam Spook.

Nie dat perde net Afrikaanse name gehad het nie.

In die 1950’s was daar ’n renperd met die naam Werda. Of Werda gewen het, weet ek nie.

In die 1950’s was daar ’n renperd met die naam Werda. Of Werda gewen het, weet ek nie.

Miskien moes sy eienaar hom behoorlik aangemoedig het soos Eliza Doolittle in My Fair Lady toe die ou knol waarop sy geld verwed het, agtergeraak het: “C’mon Dover, move your bloomin’ arse!”

Die ou boere se perde het darem ook nie net Afrikaanse name gehad nie.

Genl. Louis Botha se perd, waarop hy die Uniemagte in die verowering van Suidwes-Afrika in 1914 aangevoer het, was Charlie.

Genl. Christiaan de Wet het by Afrikaans gehou.

Sy Fleur is vereer met die ruiterstandbeeld voor die Vierde Raadsaal in Bloemfontein.

Hopelik staan hy nog.

Ek was lanklaas daar.

Meer oor:  Markus Jooste  |  Johan Van Wyk  |  Perde  |  Perd  |  Menings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.