Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Staat blyk onwillig te wees om dié bron te beskerm
Tony Weaver

Een van die beduidendste politieke verklarings wat ek die afgelope paar jaar gelees het, was toe Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, verlede week gesê het dat hy die kommersiële perlemoenkwota van 50,5 na 96 ton verhoog.

Volgens hom is die rede vir die nuwe kwota deels omdat 95% van die perlemoen wat tans uitgehaal word, die toedoen van stropers is. Overgesetsynde: Die regering het dié stryd teen georganiseerde misdaad laat vaar.

Waar perlemoenstropery 20 jaar gelede ’n kleinskaalse bedrywigheid was waarmee bestaansvissers ekstra geld gemaak het, is dit nou heeltemal buite beheer. Dis onlosmaaklik verbind met dwelmnetwerke, die Chinese mafia en die bendes wat die ekonomie van die kriminele onderwêreld in die Wes- en Oos-Kaap beheer.

Enigiemand wat naby aan die see op plekke soos Bettysbaai, Gansbaai of in die Oos-Kaap bly, kan getuig dat die stroperbendes sonder enige vrees vir vervolging te werk gaan. Daar is geen poging om hulle vas te vat of af te skrik nie. Wanneer die publiek die stropers se bedrywighede van nader bekyk, word hulle met vuurwapens gedreig. Die enigste aktiewe wetstoepassingsoptrede is oënskynlik padversperrings waar daar op die perlemoen beslag gelê word nadat dit reeds dood is.

Dié perlemoen beland dan in stoorkamers van die regering, waar dit (in teorie) gehou word totdat dit weer in die wettige handel verkoop kan word om geld vir die mariene hulpbronfonds te in – wat weer veronderstel is om teenstropery-bedrywighede te help finansier. In die 2017-’18-boekjaar het die fonds R81 miljoen verkry uit nat en droë gekonfiskeerde perlemoen. Dit het bestaan uit 142 835 kg nat skulpvis en 35 601 kg van die droë produk.

Dit is ’n hengse klomp geld wat teruggeploeg kon word in stewels-op-die-grond en bote-in-die-water om stropery te beveg.

Dit is ’n hengse klomp geld wat teruggeploeg kon word in stewels-op-die-grond en bote-in-die-water om stropery te beveg. Daar is egter een groot probleem: Die geld is veronderstel om teen stropery aangewend te word, maar in werklikheid beland dit in ’n groot pot, wat orals gebruik kan word.

Verlede jaar is drie ton perlemoen ter waarde van R7 miljoen uit die departement se stoorkamers in Gansbaai gesteel en is drie topamptenare van die diefstal aangekla. Die aanklagte teen twee van die amptenare is uiteindelik teruggetrek, maar die ondersoek duur voort.

Van die jongste opnames oor die natuurlike perlemoenbron wat deur wetenskaplikes van die Universiteit van Kaapstad gedoen is, toon dat die bron teen 2017 al tot net 20% van historiese vlakke gedaal het. In die vyf jaar voor 2017, het dit met 15% gedaal.

Onlangse argeologiese getuienis van Pinnacle Point naby Mosselbaai het bevind dat ons voorsate tydens die Ystydperk, sowat 164 000 jaar gelede, al seekos geoes en gaargemaak het – onder meer perlemoen.

Dit het stropers net 20 jaar geneem om ’n belangrike element van ’n tradisie wat 1 640 eeue terugstrek tot op die rand van ineenstorting te bring.

Perlemoenstroop is nie net ’n omgewingsprobleem nie, maar ook ’n misdaadprobleem aan die kern van georganiseerde misdaad in die Wes- en Oos-Kaap waar die dwelm- en perlemoen-ekonomië nou vervleg is.

’n Lewenswyse wat vir derduisende jare in stand gehou is, is nou besig om sienderoë te verdwyn – en die regering blyk onwillig en ook nie in staat om iets daaraan te doen nie.

Meer oor:  Tony Weaver  |  Menings  |  Omgewingsbewaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.