Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Steeds vergeet ek elke dag ma se lewenslesse

As ons destyds in die koshuis vir ’n verandering lekker kos gekry het, het die manne altyd in sewe stemme (so het dit altans geklink) lof betuig aan die kombuistannie, oftewel Die Moeder.

Sy het sommer trane in haar blou ogies gekry as ons haar daar tussen die potte gaan roep en sy staan en luister het na die magtige koor wat wegval met: “Daar’s niemand soos moeder vir my, daar’s niemand soos moeder vir my nie” (waarskynlik ’n verwerking van ’n skepping van die Briel-susters of oom Chris Blignaut).

Blouwillem

So wou ek ook gister weer bromsing toe ek terugdink aan my liewe ou moedertjie, wat al lank weg is, maar wie se boodskappies en lewenslesse ek nog elke dag vergeet.

As ek maar net meer na haar geluister het, het ek sekerlik minder moeilikheid in my lewe gehad en gemaak. En soos my ou vader altyd gesê het, as dit maklik was om ’n ma te wees, sou pa’s dit ook kon gedoen het.

Seker ook dié dat rekenaars so slim is. Hulle luister na hul moederbord.

Ja, het ek maar geluister die dag toe sy gemaan het: “Willem Adriaan, moenie as jy nou uit daai boom val en albei jou bene breek na my toe aangehardloop kom nie, hoor!”

In elk geval, my ou maat, ek hoop nie jy het moeder gister laat kook nie.

En met daai ou storie van “dis elke dag Moedersdag” gaan jy ook nie meer punte score nie.

Bob Hope het mos destyds vir sy vrou gevra wat sy op Moedersdag as geskenk wou hê.

“Vat die kinders, laai hulle in die stasiewa en ry met hulle sewe uur in enige rigting,” was haar kort antwoord.

Of soos die ou wat vir Moedersdag vir sy ma ’n kas bier gekoop het.

After all, ek is die rede waarom sy in die eerste plek begin drink het,” verduidelik hy toe.

Terwyl hulle moedeloos en dors in die lounge sit, kom ’n jong boer van die omgewing daar verby en kan sy dubbele geluk (so in die jare voor Boer soek ’n vrou) nie glo nie.

My eie ou moedertjie, aan die ander kant, het gelukkig kopgehou en in haar hele lewe net één enkele biertjie gedrink.

In die 1930’s het sy skoolgehou op Kanon­eiland, daar in die middel van die Grootrivier, naby Upington.

Sy en ’n ander onderwyseressie kry een vakansie ’n geleentheid met ’n vraglorrie na haar mense, by Redelinghuys aan die Weskus.

Die lorrie breek tussen Brandvlei en Kenhardt en die juffies word by die hotel in Brandvlei afgelaai.

Terwyl hulle moedeloos en dors in die lounge sit, kom ’n jong boer van die omgewing daar verby en kan sy dubbele geluk (so in die jare voor Boer soek ’n vrou) nie glo nie.

Hulle aanvaar dankbaar sy aanbod van ’n drankie, wat toe blyk ’n yskoue bier vir elkeen te wees.

“My enigste bier ooit,” het sy dekades later vertel.

“Hoekom net een, was dit dan nie lekker nie?”

“Nee, my kind, juis ómdat dit so lekker was!”

Cheers, Moeder!

Meer oor:  Blouwillem  |  Ma  |  Rubriek  |  Mening  |  Moedersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.