Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Stel nou SA voor die ANC, Cyril

Pres. Cyril Ramaphosa kry raad uit alle oorde oor hoe hy sy nuwe kabinet moet saamstel. Hy het inderdaad moeilike en ongewilde besluite om te neem. Min sal hom dit beny, maar baie verwag dit van hom.

Hy moet gesien word dat hy in beheer is en nie bloot na die pype van sy party en kamerade dans nie. Die algemene versugting is dat hy vir ’n slag ferm sal optree en ’n kabinet saamstel wat aan die massiewe behoefte vir goeie en skoon regering sal voldoen.

Die president verkeer ook onder druk om ’n kleiner, meer vaartbelynde kabinet saam te stel. Hy sal druk van die ANC moet weerstaan om onbevoegdes en oneerlikes te ignoreer en mense met kundigheid en integriteit aan te stel.

Die hele land smag daarna en Rama­phosa sal hierdie keer eenvoudig die moed van sy oortuiging moet vind.

Dit is baie belangrik dat hy van meulstene uit die Jacob Zuma-era ontslae moet raak – mense soos Bathabile Dlamini, minister van vrouesake, en Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsake, albei Zuma-aanstellings en -ondersteuners.

Hulle was baie invloedryk in die ANC van Zuma en dit kan moeilik wees om hulle opsy te skuif. Hulle is ook baie invloedryk in die ANC-vroueliga, waarvan Dlamini die president is.

Die Vroue­liga het reeds sy spiere oor gelyke verteenwoordiging tussen geslagte in die kabinet gebult.

Die Vroue­liga het reeds sy spiere oor gelyke verteenwoordiging tussen geslagte in die kabinet gebult.

Dit is druk wat Ramaphosa moeilik sal kan weerstaan. Dit is ook ’n ou besluit van ’n nasionale verkiesingskonferensie (Polokwane in 2007).

Die besluit is sedertdien op verskeie vergaderings van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) bekragtig, maar nie uitgevoer nie. Daarvan getuig die onlangse aanwysing van premiers.

Ondersteuners van gelyke verteenwoordiging voel klaarblyklik dat Ramaphosa meer vatbaar daarvoor sal wees. ’n Kabinet met meer vroue as mans sal dus nie ’n verrassing wees nie.

Daar word ook verwag dat adj.pres. David Mabuza opsy sal staan en nie na die kabinet sal terugkeer nie. Dit is glo op sy eie aandrang, vermoedelik om hom ruimte te gee om sy posisie in die ANC te konsolideer met die oog op die presidentskap van die ANC op die volgende verkiesingskonferensie.

Hoe ook al, die verwagting is dat die nuwe kabinet ’n aansienlike aantal vars gesigte sal bevat.

Daar was ook sterk gerugte dat die minister van finansies, Tito Mboweni, sy pos wil ontruim. Maar die jongste bespiegeling is dat hy van plan verander het. Hoe ook al, die verwagting is dat die nuwe kabinet ’n aansienlike aantal vars gesigte sal bevat.

Ramaphosa is glo vasberade om sy verbintenis tot skoon regering gestand te doen en wil dit met die aanstelling van sy kabinet bewys.

Dit sal nie net die land opgewonde maak nie, maar ook waarnemers en belanghebbendes soos die internasionale graderingsagentskappe, wat dit duidelik gemaak het dat die nuwe kabinet bepalend vir die land se toekomstige graderings sal wees.

Mense in die ANC-binnekring, soos die sekretaris-generaal, Ace Magashule, kan maar na hartelus probeer om Ramaphosa se aandeel aan die ANC se relatiewe sukses in die onlangse verkiesing te onderspeel, maar daar is geen twyfel nie dat die verkiesing sy posisie aansienlik versterk het.

Die ANC sal dwaas wees om dit te probeer ignoreer deur teen die president op te tree weens ongelukkigheid met sy aanstellings.

’n Sterker Ramaphosa sal met groter vrymoedigheid sy eie keuses kan maak met die saamstelling van die kabinet. Hy sal maar alte goed besef dat Suid-Afrika nie nog verlore jare weens ’n swak regering kan bekostig nie.

Hy skuld dit aan die land om die regte besluite te neem. As daar ooit ’n tyd was om die land voor die party te stel, Meneer die President, dan is dit nou.

Meer oor:  Henry Jeffreys  |  Cyril Ramaphosa  |  Anc  |  Sa  |  Ministers  |  Kabinet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.