Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Stille Uur: ‘Die Heilige Gees en ons het besluit’

In Handelinge 15 is ’n belangrike vergadering gehou om te beslis oor ’n saak van groot spanning in die kerk.

Daar is besluit om die bevinding skriftelik en met getuies bekend te maak. In vers 28 vind ons ’n baie belangrike sinnetjie in die brief wat geskryf is.

Daar staan: “Die Heilige Gees en ons het besluit . . .”

Hoe kon die vergadering hierdie bewoording goedkeur – lê hulle nie woorde in God se mond nie? Hoe kon hulle namens die Heilige Gees praat – was hulle nie arrogant nie? Die vergadering kon, want die vergadering was oortuig dat die Heilige Gees hulle gelei het om die besluit te neem. Immers, die vergadering het onbevange en so objektief moontlik die wil van die Here gesoek. Daar is gekyk na wat in die Skrifte geopenbaar is, en daar is gekyk na wat die Heilige Gees in die praktyk laat gebeur het.

Daarby (’n uitstaande kenmerk van die vroeë kerk) is beslis gebid vir wysheid en insig, asook om nie hul eie wil en eie voorkeure voorop te stel nie. So kon hulle sekerheid kry wat die wil van die Heilige Gees is.

Uit die stuk geskiedenis kom ’n groot verantwoordelikheid tot ons. Ons kan en mag nie maar net ons eie opinie, of enkele ander mense se opinie oor geloofsake volg nie. Ons (individueel, maar ook gesamentlik as gelowiges – as kerk) moet seker maak wat die wil van die Here is. Dit doen ons deur sy Woord biddend te bestudeer – so objektief en onbevange en onderwerpend moontlik. En ons moet ons situasie biddend aan sy Woord toets – so objektief en onbevange moontlik.

So kan ons tot die vaste oortuiging kom wat die Here van ons in sekere situasies verwag, en kan ons sy wil gaan doen. Uit die Woord: Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verdere las op julle te lê nie . . . – Hand. 15:28.

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.