Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Stille Uur: Ondersoek lewe, dien God om regte redes

Volgens Satan het Job God om die verkeerde redes gedien.

Hy het God gedien omdat Hy hom geseën het met groot rykdom, voorspoed en gesondheid.

In die hemelse vergadering waag Satan om voor God te kla: “Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie!” (Job 1:9). Satan meen as God Job se besittings sou aanraak, Job die Here in sy gesig sou vervloek.

In sy vrymag gee die Here al Job se besittings in Satan se mag oor, en in ’n oogwink verloor hy alles.

Maar wat doen hy? Hy val in aanbidding op die grond en bely: “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.” (Job 1:21)

Selfs te midde van hierdie tragiese omstandighede bely Job dat God soewerein en vrymagtig is, en berus hy gelowig in God se wil. Satan het misluk in sy aanklag. Job het God nie gedien vir seëninge en voorspoed nie.

Dit bring ons weer terug by die vraag: Hoekom dien jy die Here? As jy selfondersoek doen, wat is die diepste rede? Dien jy Hom dalk omdat jy dink dat dit vir jou een of ander voordeel inhou soos voorspoed, gesondheid of rykdom . . . of dien jy Hom omdat Hy die enigste God is en deur ons gedien móét word?

Deur sy dood en opstanding het ons Here Jesus ons oë oopgemaak om weer te kan sien dat God alleen God is, en dat Hy alleen aanbid moet word, met die wete dat Hy sorg vir elkeen wat Hom dien.

Ondersoek daarom jou lewe, en dien God om die regte redes.

Uit die Woord: Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie. – Job 1:22

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.