Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Súlke raad is peperduur

Wat verg die meeste moed: om advies te gee, of om advies te ontvang?

Wag, advies is dalk nie die regte woord nie. Dit gaan oor wyse raad, daardie soort wat jou lewe belyn met God se wil.

Sulke raad is altyd prakties, koersvas en helder. Dit laat jou afdraai van verkeerde paaie as jy dalk hierop beland het. Dit laat jou betyds uitswaai vir gevaarlike hindernisse op die pad.

Goddelike raad van hierdie aard is skaars. Min mense het die moed om dit eerlik te deel. Nog minder mense is bereid om dit te vat en positief daarop te reageer.

Raad, daardie soort wat lewens kan red, is skaars en perperduur. Nee, dit kos nie geld nie; dit kos iemand van innerlike karakter wat genoeg omgee vir iemand anders om liefdevol en eerlik te sê wat gesê moet word.

As jy so iemand in jou lewe het, moet jy vir die Here baie dankie sê.

Wees self ook iemand wat wyse raad gee, wanneer nodig. 

Meer oor:  Geloof  |  Raad  |  Advies  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.