Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Súlke waardes kan padsterftes laat afneem

Die onlangse aankondiging dat die sterftesyfer op ons land se paaie met tot 16% toegeneem het, is skokkend, maar ook kommerwekkend omdat vele van die ongelukke toegeskryf word aan menslike foute.

Strenger wetgewing word oorweeg, maar net dit is nie genoeg nie. Ek dink ons moet aandag gee aan die belang van morele waardes en die soort karakter van padgebruikers om te help om die slagting op ons paaie te keer.

Bestuurvernuf is goed, maar ons moet ook aandag gee aan die kweek of bou van die pad- en bestuurkarakter van alle padgebruikers – karakter wat geskoei is op waardes soos geduld, verdraagsaamheid en verantwoordelike pad- en voertuiggebruik.

Die hoë padsterftesyfer, veral in die feestyd, eis dat ons die aandag vestig op die uitdra van goeie pad- en bestuurgedrag. Dit vereis waardegedrewe bestuurders, mense wat op die goeie, hoflike, toegeeflike fokus, mense en bestuurders wat goeie oordeel aan die dag lê, wat die risiko’s minimaliseer, wat lewe en lewens respekteer, wat voorkeur aan die ander bestuurders verleen, wat die veiligheid van hul passasiers voorop stel, en wat respek toon vir die spoedgrens, padreëls en ander padgebruikers.

As mense inkoop in goeie en karaktervolle pad- en bestuurgedrag, kan ons ontslae raak van konsepte soos “spoedvrate” en “padvarke”. Sulke beskrywings en etikettering van padgebruikers dui in elk geval op die afwesigheid en gebrek aan bestuur- en padkarakter.

Om die sterfgevalle op ons paaie te verminder, het ons dringend waardegedrewe bestuurders en padgebruikers nodig.

Om die sterfgevalle op ons paaie te verminder, het ons dringend waardegedrewe bestuurders en padgebruikers nodig. Bestuurders en padgebruikers wie se morele waardes onder geen verdenking of twyfelagtig is nie.

’n Bestuurslisensie verleen ons wel die reg om die pad met ’n padwaardige voertuig te kan gebruik, maar dit is nie ’n reg dat ons kan bestuur soos ons wil nie.

Dalk moet die owerhede daaraan dink om saam met die rybewys ook ’n karaktersertifikaat uit te reik wat getuig dat ons oor die waardes en gesindheid beskik en as sodanig geskik is om as verantwoordelike en waardegedrewe bestuurder op die pad te kan wees.

Goeie karakter as bestuurders en padgebruikers is broodnodig om die slagting op ons paaie te laat afneem.

Immers roep die Bybel ons ook op om ons in alle omstandighede en in elke situasie goed te gedra (1 Petrus 2:12).

Die stygende sterftesyfer behoort ons aan te kla en moet dien as klad op ons bestuursgedrag en padgedrag.

Deur waardegedrewe bestuurders en waardegedrewe padgebruikers te word, kan ons help om baie lewens te spaar en ’n waardegedrewe bestuurskode op ons paaie te vestig.

Veilig reis.

Dr. Katts is voormalige moderator van die Volkskerk van Afrika.

Meer oor:  Donald Katts  |  Christenskap  |  Padsterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.