Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
SVA dink net hy is James Bond
Gert Coetzee

In die aangesig van bedreiginge is inligting mag en het lande intelligensiedienste wat in geheim werk om die land en sy mense te help beveilig. Van Duitsland se Federal Intelligence Service, sy Bundesnagchrichtendienst, tot Engeland se MI5 en MI6, Amerika se CIA en andere, Israel se legendariese Mossad en Shin Bet en ander elders.

Suid-Afrika het sy Staatsveiligheidsagentskap (SVA), eers bekend as die Nasionale Intelligensie-agentskap, wat ontstaan het uit die saamgevoegde Nasionale Intelligensiediens (NI) van vóór 1994 – met die leuse Scientia Munit ofte wel “Beveiliging deur kennis” toe.

Op sy beurt was NI die nakomeling van die departement van nasionale veiligheid. Terwyl die voorgaande Buro vir Staatsveiligheid (Boss in die volksmond, maar eintlik BfSS) en Militêre Intelligensie (MI) ook kovert was.

Hoe intelligensiedienste ingespan word en hul geheime werkwyse om te sorg dat die land voor die vyand bly, lewer die romantiese spioenasie-fiksie wat die kos van spanningsromans en rolprente is. Pas het ’n kanaal op M-Net die flieks gewys wat gegrond is op Ian Fleming se boeke oor die bekendste spioen nóg. Sy naam is Bond, James Bond.

Geen grys niemandsland of fyn lyn tussen reg of verkeerd bestaan nie.

Ou James met sy Walther PPK het ’n liksens om dood te maak, hou van sy martini “shaken not stirred” en bikini-meisies, soos Ursula Andress in Dr. No, waad selfs papnat uit die see om voor sy sjarme te kom swig.

Hy wikkel hom uit elke penarie en laat ’n spoor van lyke en ’n verwoeste Aston Martin na sonder om in die pekel te beland. Al gee hy M grys hare, is dié altoos reg om 007 te vrywaar.

Terwyl Q ’n tegnologiese wonder-uitvindsel reg het om die held te kan red.

Geen grys niemandsland of fyn lyn tussen reg of verkeerd bestaan nie.

Die held doen wat hy wil, is onverantwoordbaar en aanspreeklikheid (ook vir geld waarmee soos bossies in casino’s gewoeker word) bestaan nie.

Die dinamiese spanning tussen die behoefte aan geheime werk in landsbelang en openbare verantwoordbaarheid kom aan die bod in die reeks Bourne Identity-flieks (na aanleiding van Robert Ludlum se romans), waar die geheuelose agent ontdek hy is met voorbedagte rade tot ’n moordmasjien omskep, en ook in Clear and Present Danger (deur Tom Clancy). In die se rolprent-weergawe dryf agent Jack Ryan­ die konflik op die spits wanneer hy aan die Amerikaanse kongres se toesigkomitee uitlap oor die ongemagtigde sending – met die president se medewete – waarin soldate gesterf het.

Dit lyk of die SVA se spoke (slêng vir spioene) te veel James Bond gekyk en baie martini gesluk het.

erug by die SVA en sy Projek Toewyding, Projek Justisie, Operasie Slot, Operasie Golf, Projek Akkuraat en Projek Sinkdak waarvan die Zondo-kommissie verlede week gehoor het.

Dit lyk of die SVA se spoke (slêng vir spioene) te veel James Bond gekyk en baie martini gesluk het. Meegevoer deur hul politiek gedienstige koorsdroom, is tot R54 miljoen aan hul staatskaperbaas Jacob Zuma, meevallers van tot R5,4 miljoen aan David Mahlobo, oudminister, en omkoopgeld aan “joernaliste” betaal, is gehoor.

Die meestertruuk van Arthur Fraser, SVA-oudhoof, is om die Zondo-getuies aan te kla omdat “valshede” opgedis is en dit Suid-Afrika se veiligheid in gevaar kan stel. Sonder die vals rookseine en kaatsende spieëlings, sê Fraser eintlik die ANC-staatskapers, hul baas (wat dapper kans sien vir die tronk) en meedoeners is verhewe bó die reg en die Grondwet en nie iets verskuldig aan (belastingbetalende) landgenote nie.

Die jammerte is dat die ANC-LP’s wat hulle moes verantwoordbaar hou, sonder “oemf” was. Wat ’n slap erkentenis.

Nes Zuma, hoort die SVA-kulkunstenaars voor ’n deeglike toesigkomitee wat sake kan oopvlek en vir vervolging verwys. In Suid-Afrika onder die ANC klink dít wel na fiksie.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  Omkoopgeld  |  Spioenasie  |  Joernaliste  |  Sva  |  Spioene
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.