Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Swak opkoms van kiesers kan verkiesing knou
Mpumelelo Mkhabela

Suid-Afrika se demokrasie is sedert 1994 bekend om sy geloofwaardige verkiesings.

Benewens die voorval enkele jare gelede toe mense na wyke in Tlokwe aangery is waar hulle nie geregistreer was nie, het geen ander ernstige voorval die geloofwaardigheid van die verkiesings in die gedrang gebring nie.

Teen einde 2019 sal die Verkiesingskommissie na verwagting verseker het dat kiesers verifieerbare woonadresse het. Maar die nasionale en provinsiale verkiesings is nie so kwesbaar wat kiesersadresse betref soos die munisipale verkiesings nie, omdat spookstemme nog nie ’n faktor was soos in Zimbabwe en ander lande nie en die kieserslys deeglik nagegaan word.

Maar verkiesings moenie net wettig aanvaarbare uitslae hê nie. ’n Swak opkoms van kiesers hou eweneens groot gevaar in.

’n Groter opkoms sal die sosiale legitimiteit van die uitslae verhoog. Sosiale legitimiteit sal op sy beurt sosio-politieke stabiliteit in ’n redelike mate waarborg.

Laasgenoemde is belangrik vir beleggersvertroue en verminder die waarskynlikheid van flirtasie met populistiese beleide.

Dis nie genoeg dat ’n verkiesingsuitslag tegnies onaanvegbaar is en net die wil weerspieël van die paar wat gestem het nie.

Dis nie genoeg dat ’n verkiesingsuitslag tegnies onaanvegbaar is en net die wil weerspieël van die paar wat gestem het nie.

Die demokrasie was nog altyd bedoel om uiting gegee aan die algemene wil van die mense as geheel deur burgers se reg om te stem.

Die uitdaging is om alle Suid-Afrikaners te laat verstaan hoe belangrik dit is om te registreer en te gaan stem.

Ongelukkig was die burgerlike samelewing se kiesersopvoeding op sy sterkste in 1994 en het dit sedertdien agteruitgegaan.

Die taak om kiesers by die stembus te kry, word grootliks aan politieke partye oorgelaat.

Soms besluit kiesers om weg te bly omdat hulle reken rede sal seëvier en die regte party of kandidate sal wen. Die probleem is dat hulle op die rede vertrou van diegene wat wel gaan stem.

Die skokkende verkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president en die Brexit-referendum is die jongste voorbeelde van wat gebeur as sommige kiesers besluit om weg te bly, net om later spyt te wees.

In Suid-Afrika ervaar ons gewelddadige betogings kort nadat die mense se keuses aangekondig is.

Sulke betogings behoort nie te wagte te wees van mense wat gestem het en die openbare verteenwoordigers as legitiem beskou nie. Dit beteken hulle aanvaar nie verantwoordelikheid vir hul keuses nie. Die waarskynlike rede hiervoor is dat hulle nie stem nie, of in elk geval nie genoeg van hulle nie.

Begin 2018 het die Verkiesingskommissie aangekondig dat 75% van kiesers op die kieserslys is.

Begin 2018 het die Verkiesingskommissie aangekondig dat 75% van kiesers op die kieserslys is. Dit sou fantasties wees as hulle almal op verkiesingsdag by die stembus opdaag.

Kiesersopvoeding kan hier ’n belangrike rol speel. Dit is belangrik om Suid-Afrikaners te laat verstaan hulle het ’n burgerlike plig om ’n regering te verkies.

Soos wat die Verkiesingskommissie vir die finale ronde van kieserregistrasie voorberei en politieke partye hul verkiesingsmanifeste vir die 2019-verkiesing begin bekend stel, is dit belangrik dat Suid-Afrikaners besin oor die belangrikheid daarvan om hul reg uit te oefen om ’n regering te kies.

Nadat ons ons reg om te stem uitgeoefen het, moet ons verantwoordelikheid vir die verkiesingsuitslae aanvaar – wat dit ook al is – en seker maak verkose partye en leiers kom hul verkiesingsmanifeste na.

Die abdikasie van ons demokratiese verantwoordelikheid sou naïef wees.

Mkhabela is ’n politieke ontleder. Hierdie is ’n verkorte weergawe van ’n rubriek wat op News24 verskyn het .

Meer oor:  Mpumelelo Mkhabela  |  Stemme  |  Verkiesing  |  Kiesers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.