Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Sypaadjies: Sommige winkels en gedagtes is vyl

Ek kannie sê dat soe ’n ding nie bestaan ie, wan ienagge iets is moontlik in die wêreld van ôs, maa ek was nog nooit binne in ’n skoon Shoprite ’ie.

Checkers – dieselle winkel, net ’n anner naam – waar die ryk mense koep, is altyd blink skoon. En vi dai selfde riede lykit my hulle dink jy hoef nie ’n Shoprite skoon te maak ie, want hulle glo die arm mense hou mos van vyl wies.

So Shoprite lykit vi my operate nog op apartheid values, ek dink hulle is nog firm believers innie groot mooi treinstasie vi wit mense ennie klein vyl treinstasie virrie res van ôs way van dinge doen.

Nou it issie dat jy nie wiet hoe die move wêk ie, maa as jy arm is, dan koep jy maa byrie naaste plek, of byrie plek wat jy dink die cheapste is. (Miskien is hulle nie eers die cheapste nie, jy dink maa net it issie cheapste wan it issie vylste).

Ek stry nie though, ek is vet gevriet an Shoprite se kos, en dai is van arm wies. Maa ek het nog nooit vi Shoprite confuse virre skoon winkel ie.

Eendag toe stap ek nog soe lekke innie Shoprite, my ma het net dai dag gepay, en ôs doen dai shopping waa die trolley oo loep vannie kos. Ôs staan al innie lyn by cashiers en al wat my ma vi my sê: “Oe jinne, ek het nou al die onnorage nonsens gekoep en daa vegiet ek vannie suike.”

Ek stry nie though, ek is vet gevriet an Shoprite se kos, en dai is van arm wies.

Sy sê ek moet gou haloep. Ek kom byrie suike aisle, gryp die 2,5 kg Huletts, en wie sit daa agte die suike en kyk vi my in my oë in? ’n Mys soe groot soes my linke hand. Ek wil nog skrie virrie security, maa die mys skiet my airest ’n kaat: “Jy, hou jou bek, ek issie health inspector.”

Ek los vi mys en ek los vi suike, en gan sê aireste my ma. My ma stoot haa trolley eenkant en sê nuu sies en ôs stap en gan soek ’n taxi dat ôs aireste inne wit area kan gan shopping doen, al issit ­dieder. Ek wiet en my ma wiet ôs gan wee môre, oomôre trug gan Shoprite toe, maa jy moet at least every once in a while, vi jouself sê, nie vandag ie, vandag is ek op van die vylgeit.

Nou ek het lankal peace gemaak mettie feit dat Shoprite ’n vyl winkel is, maa ek het nog nooit gewiet hulle het soe ’n vyl gedagte nie.

Ek lies nourie dag innie nuus die vylgatte van Shoprite het sewe van hulle cashiers van hul winkel in Pelican Park innie Kaap lat opslyt en gecharge het vir theft, omdat hulle tips anvaar et byrie customers. Sewe odentlike vrouens. Ek hettit net soe gekyk en gedink: “Issit ie genoeg dat ôs broes en ôs pa’s moet gan mang vi alles ie, nou wil julle ôs ma’s en sustes oek soe doen?

My ma het vi jare in retail gewêk, eintlik ampe elke Coloured vrou wat ek ken het al oppe tyd in retail gewêk, jy wêk maa net om jou skuld te betaal. En jy bly innie skuld, wan jy wôd te min betaal. En jy kannie net jou wêk lossie, wan ammel soek wêk, en is lekke omme wêk te het, wan at least dan wiet jy daa is een dag innie maand of innie wiek waa jy wiet waarie kosgeld vandaan gan kom.

Jy voel powerless as sukke goed gebeu, wan jy voel jy kan niks doen nie en eintlik wiet jy wat jy wil doen, maa jy kannie dai doen ie, wan dan gan hulle vi jou oek wil opslyt.

Maa ek dink die ryk mense wat by Checkers koep moet een van dai crowdfunding goed oepmaak, dai wat hulle altyd vi anne wit mense oepmaak, dai Kickstarters. Ek wiettie, doen iets, annes lyk it soes julle gie net om oo mekaa.

Maa ek suppose wat nog bieter sal wies, is as Shoprite maa net aireste hulle winkels se vloere gan was en die vrouens aflos.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.