Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Taai keuses in die stemdebat
Gert Coetzee

As jy nie jou stemme in die verkiesing 2019 op 8 Mei aan dieselfde party gaan toeken nie, hoe sou jy dit verdeel? En op grond van watter behoeftes – strategies, nasionalisties, belangepolitiek, en die vreesfaktor – sou dit wees?

Kies-kombinasies (nasionaal; provinsiaal) wat in gesprekke opduik, sluit in ANC/ DA; ANC/ACDP, ANC/ VF Plus (regtig) en Cope/ DA.

In die keuses is die ANC-stem eintlik ’n stem vir Cyril (met die illusie dat hy dan die ANC en die land sou moes regruk). Of is die denkwyse dat as dit by koalisievennote kom, selfs die ANC beter as die EFF sou wees. Dit bly elk se reg om te stem vir wie jy wil. Op Mense­regtedag herinner die Suid-Afrikaanse Handves van Menseregte se artikel 19 oor politieke regte daaraan. Of dit African Covenant of Women Forward is – onder die 124 partye (48 nasionaal; 76 provinsiaal) wat gister die gedragskode vir die verkiesing onderteken het.

Al geskied stemmery in die geheim, speel die kiesdebat in die openbare domein af. Op die brieweblad word vurig menings gewissel oor of ’n stem vir ’n “klein” party ’n vermorste stem sou wees (ja, sê die DA; nee, sê die VF Plus); oor die waarde of nie van “ ’n stem vir Cyril”, en oor hoe permutasie van stemme koalisievorming kon raak.

Niks tydens Ramaphosa se bewind verklap egter hy sal hom so in ’n blik laat druk nie.

Oor laasgenoemde spreek Tony Leon, DA-oudleier, hom in ’n rubriek oor opposisiepolitiek in Business Day (19.03) uit. Die faktor ter sprake onder DA-kiesers is hul vrees vir en weersin in die EFF, skryf Leon. Sy advies spruit ook uit die bevinding van die Instituut vir Rasseverhoudinge dat 50% van Gautengse DA-kiesers ’n ANC-DA-koalisie sal verkies teenoor 26% ten gunste van ’n DA-EFF-koalisie.

Maimane het kiesers aangesê “om aan koalisiepolitiek gewoond te raak”, skryf Leon. Hy raai die huidige DA-leier aan om Ramaphosa met ’n voorwaardelike aanbod oor so ’n koalisie (ANC-DA) te nader – sou Gauteng nie ’n besliste wenner (meer as 50%) lewer nie – en op ’n antwoord aan te dring. Die druk is dan op Ramaphosa. “As hy beswaar aante-ken, sal opposisiekiesers minder geneig wees om hom te wil steun. As hy aan-vaar, waag hy dit om sy party te verdeel, wat een van die sleutel-uitkomste is wat die DA wil hê. En die bonus is dit margi-naliseer die EFF. Hierdie is moeilike keuses, maar dit is waaroor leierskap, in die regering en in die opposisie, gaan,” skryf Leon.

Sy kantlynraad is maklik, maar dra gewig – gegewe Leon se status as “elderly statesman”. Niks tydens Ramaphosa se bewind verklap egter hy sal hom so in ’n blik laat druk nie.

Leon sê ook opposisieleierskap is soos om stene sonder strooi te moet maak.

En die komplekse ANC-dinamika, wat ook koalisies sou kon raak, blyk uit Ace Magashule, ANC-krygsheer, se verwar-rende uitspraak, luidens City Press (17.03), in Ekurhuleni dat die ANC nie wit stemme nodig het nie. Volgens hom maak dit nie sin dat wittes juis vanweë positiwiteit oor Ramaphosa vir laasge-noemde sou wou stem nie, omdat ANC-steun nie kleur-gebaseer is nie.

Waarop Magashule eintlik sinspeel, is dat die gebrek aan wit ANC-steun te wyte is daaraan dat nie almal “demokratiese, progressiewe wittes is nie wat vir die ANC wil stem omdat dit ’n nierassige organisasie is”. As jy dus nie vir die ANC stem nie, laat dit vir jou ’n Ace-les wees. Tesame met die ANC-kandidatelys wat vol Zuma-gesinde staatskapers is, wys Magashule (die mag agter die ANC-lys) se uitspraak so ’n ANC-DA-koalisie gaan nie maklik gebeur nie. Dit sou die wig tussen die ANC-kampe dieper indryf.

Laat die ANC in Gauteng maar eers minder as 50% in die verkiesing kry.

Leon sê ook opposisieleierskap is soos om stene sonder strooi te moet maak.

Ja, dié onmag lei ook tot verdeeldheid oor kies-opsies. Solank die ANC met ’n volstrekte meerderheid regeer, gaan dit so bly wees.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  Verkiesing  |  Menings  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.