Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Taalgebruik is ’n tuiste
Jana Luther

Inderdaad. Soos iemand dit dié week stel: “Sodra politiek en taal en veral onkunde meng, kom daar ’n boggherop.”

Gelukkig laat die sosiale media ’n mens toe om taaldinosourusse en hul venyn met ’n enkele klik in die doofpot te stop: Tsamaea, hamba kahle, gaan weg.

Geen natuurlike taal is in alle opsigte eensoortig nie. Geen niekunsmatige taal word in alle omstandighede deur al sy sprekers eenders gebruik nie. ’n Taal sonder verskeidenheid is kleurloos, op die nipper na dood.

Die woorde wat ons kies, word bepaal deur die situasie, die doel van die kommunikasie, die waarvandaan van die spreker of skrywer en die komvandaan van die hoorder/leser; deur geskiedenis, plek, ouderdom, opvoeding, taalkennis, -vaardigheid en -gevoel.

Party mense kommunikeer van nature aan die formele kant; ander aan die informele kant, of gebruik oorwegend streektaal, of beroepstaal, wat formeel of informeel kan wees.

aalgebruik vind plaas op ’n skaal wat interessante moontlikhede bied. Op die verste punt lê die statiese register: taalfossiele, ’n droë, vervelige skryfstyl, geykte uitdrukkings, vakterminologie, woorde wat omtrent niemand meer gebruik nie. Op die ander punt lê die intieme register, elkeen se persoonlike variant, eie idiolek, huislik, gesellig, innig.

Tussen dié twee lê die formele; beriggewende, adviserende of konsulterende, opvoedkundige; en informele register, geselstaal, wat soms oorgaan in plat. Stilistiese variasie word gewoonlik deur die onderskeid formeel-informeel aangedui.

Formeel is saaklik, word gekenmerk deur voorgeskrewe woorde en frases, maak ’n stywe, dalk stroewe, soms outydse indruk. ’n Staties-formele register is vroeër, ongunstig, kanselarytaal genoem, na die styl wat eens in kanselarye, staatsdienskantore, gebruiklik was.

Omdat Engels digby is, is die gebruik van Engelse woorde in al die registers aanloklik.

Party woorde en uitdrukkings is hoofsaaklik formeel (’n aanvang neem, derhalwe, in die eg verbind, kotelet); ander hoofsaaklik informeel (afskop, soentoe, afhaak, bib). Tussenin lê neutrale woorde en frases wat ewe goed in albei style pas (begin, daarom, trou, tjop, biblioteek). Elke sinoniem het ’n ander gevoelswaarde.

Party mense kommunikeer van nature aan die formele kant; ander aan die informele kant, of gebruik oorwegend streektaal, of beroepstaal, wat formeel of informeel kan wees.

Omdat Engels digby is, is die gebruik van Engelse woorde in al die registers aanloklik. Die Engelse woord kom dikwels spontaan. Kodewisseling kom algemeen voor.

By teks wat versorg word, hou ’n teksredakteur en proefleser ’n oog oor styl en ortografie.

’n Teks wat te formeel of te informeel is, woorde wat alleen in ’n bepaalde streek of vakgebied bekend is, verskillende soorte sleng of krag- of vloek- of taboewoorde kan sommige vervreem of ontstel. Verskillende style en registers deurmekaar lyk dalk verspot. ’n Oormaat Engelse woorde kan as lui of onverskillig ervaar word.

Hiermee moet taalwerkers rekening hou. Maar nie altyd en oral nie. En nooit op ’n pedantiese, afbrekende manier wat moedertaalsprekers in hul eie taal ontuis laat voel nie.

Meer oor:  Jana Luther  |  Formeel  |  Informeel  |  Woorde  |  Taalgebruik  |  Taal  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.