Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
#taalgeneraal: Wanneer skryf ons vas en wanneer los?
Riaan Grobler.

Een van Afrikaans se taalreëls wat mense die deurmekaarste maak, is wanneer dit kom by woorde wat vas geskryf word, oftewel samestellings.

Dit is ook ’n reël wat nie altyd eenvoudig is nie, maar daar is metodes wat gebruik kan word om vas te stel wanneer ’n woord vas geskryf word.

Die goue reël is: een konsep, een woord.

Dus sal ons nie skryf roos boom nie, maar roosboom. Ander voorbeelde van samestellings is:

*fotografiekursushandleiding

*vrugtekonfytresepteboek

*vakbondverteenwoordigersvergadering

In al dié gevalle is naamwoorde, wat elk sy eie betekenis het, saamgevoeg om ’n splinternuwe konsep voor te stel. Een konsep. Dus, een woord.

Soms kan koppeltekens gebruik word om een konsep te vorm, soos oud-TV-aanbieder.

Wanneer jy twyfel, lees wat jy geskryf het en kyk of dit die betekenis oordra wat jy bedoel.

Byvoorbeeld: goue medaljewenner. Is die medalje goud of is dit die wenner wat goud is? Soos hy daar staan, word die wenner as goud beskryf, nie die medalje nie. Dus: gouemedaljewenner. Een konsep, een woord.

Wanneer ons egter byvoeglike naamwoorde gebruik, dus woorde wat naamwoorde beskryf, word dié woorde los van mekaar geskryf, byvoorbeeld:

*rustige naweek

*sosiale geleentheid

*stukkende TV

Vir ’n meer volledige uiteensetting met betrekking tot samestellings, besoek beterafrikaans.co.za

  • Grobler is ’n taalpraktisyn en senior subredakteur by Netwerk24.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.