SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Menings
Theresa May, ANC en DA
Barnard Beukman

En daar word Theresa May toe hard aarde toe gebring soos lanklaas in ’n verkiesing gesien is.

Die Britse eerste minister het begin glo sy het groot persoonlike aanhang toe sy sien meningspelings gee haar ’n 20 persent voorsprong op die Arbeidersparty. Hoewel sy self teen Brexit gekant was, wou sy deels oppertunities die Brexit-golf ry en haar meerderheid vergroot om haar “mandaat vir die Brexit-onderhandelinge met die Europese Unie te versterk”.

Vir wat? Sy het dan ’n volstrekte meerderheid gehad. Maar sy was soos die meeste politic w^ereldwyd uit voeling met die mense op die grond. Hulle het klaar oor Brexit in die referendum gestem en het die verkiesing eerder gebruik om oor broot-en-botter kwessise te praat. Die sigbare lompheid waarmee sy uit voeling vir hul gemoedstoestand daaroor was, het op ’n swak veldtog vol blapse uitgeloop met rampsoedigende gevolge.

Op die tuisfront het die ANC reeds die medisyne begin proe. In verlede jaar se plaaslike verkiesings en onder meer met pres. Jacob Zuma se uitjou/leeggeloop/wegjaag-ervarings by verskeie openbare byeenkomste.

Die “ewige dankbaarheid” oor die bevrydingstryd het soos mis voor die son verdwyn. Die blamering van apartheid vir korrupsie en swak dienslewering word nie meer geglo nie. Die ANC se eie interne meningspeilings plaas die organisasie tans onder die 50 persent landwyd. En skielik tref die rusteloosheid ook een van die afgelope paar jaar se blink perde - die DA.

Die ANC se eie interne meningspeilings plaas die organisasie tans onder die 50 persent landwyd.

Oor die steeds onverklaarbare dwaasheid van Helen Zille se optrede het Beeld reeds onomwonde standpunt ingeneem. Jy kan nie ’n projek begin - waarin jy met miljoene swart mense wil verenig om die ANC uit die kussings te lig - en dan ’n verdelende debat begin oor iets wat hulle as kwetsend ervaar nie.

Dit omdat sy erg uit voeling was, daar vanuit die luukse reisklas van ’n oorsese besoek, met die dinamika in die land. En in ‘n week wat die DA op die voorpunt was om die ANC die een lyfhou na die ander toe te dien. In so ’n situasie tree mens verenigend op, nie verdelend nie. En weet wanneer is die regte tyd en plek om iets te opper. Vir elke politkus is die tyd op ’n dag ook net verby.

Die DA sal egter ook moet kennis neem - om net een aanwyser te gebruik vir wat dit werd mag wees - dat daar in die buitengewone groot stroom lesers-sms’e en -briewe wat Beeld oor die onderwerp bereik het, ook ‘n boodskap is.

’n Meerderheid steun Zille en veroordeel Mmusi Maimane. Maar met ’n fyn lees van die boodskappe - ek het die afgelope week deur elkeen gewerk - gaan dit nie soseer oor Zille of haar standpunte nie. Maar ’n indruk dat die DA diversiteit by die venster uitgooi en nou net na swart belange gaan omsien. As dit dan waar is dat swart leiers nodig is om swart kiesers te trek, wie is DA se Afrikaanse wit en bruin leiers? En registreer “ons” belange nog daar?

Dit is een van die vrae wat Maimane in die komende weke gaan moet beantwoord, aldus baie van Beeld se lesers.

Beukman is redakteur van Beeld.

Meer oor:  Barnard Beukman  |  Standpunt  |  Britse Verkiesing  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.