Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Thuma mina? Net as Cyril húlle in hul peetjie stuur
Carla Lewis

‘Thuma mina. Stuur my.”

Dít is pres. Cyril Ramaphosa se wekroep aan elke Suid-Afrikaner in sy intreestaatsrede in Februarie vanjaar.

“I wanna be there when the people start to turn it around /When they triumph over poverty,” haal hy die wyle musikant Hugh Masekela aan.

Wie het Ramaphosa gestuur toe weerlose oumas en oupas wat hul vertroue en geld in VBS Mutual Bank belê het, soos bondels menslike ellende voor dié bank gesit het nadat dit ineengestort het?

Het hy Bathabile Dlamini, sy vroueminister (voorheen minister van maatskaplike ontwikkeling), gevra of sy weet hoe die 17 miljoen begunstigdes van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) voel as hulle van Pontius na Pilates gestuur word met die Cash Paymaster Services-gemors? Hoe moet hulle seëvier oor armoede as hulle honger, moeg en koud is?

“I wanna be there for the alcoholic, I wanna be there for the drug addict.” Toestande wat deur geestesiektes veroorsaak word, die einste mense wat in klinieke soos Life Esidimeni versorg moes word. Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid, is aan húlle gestuur. Sy het toegelaat dat hulle soos verwaarloosde werfhonde vrek (ja, Cyril, vrek).

Sy het toegelaat dat hulle soos verwaarloosde werfhonde vrek (ja, Cyril, vrek).

Want as jy gelos word om soos ’n dier in ’n plas van jou eie liggaamsvloeistowwe te lê en doodgaan van die honger of dors, dan het jy nie eens die basiese voorreg gehad om te sterf nie. En steeds dien Mahlangu in Gauteng se uitvoerende raad . . .

“I wanna be there for the victims of violence and abuse / I wanna lend a hand.”

Kyk na ons syfers van geslagsgeweld en kindermishandeling – die bloed van 2 930 vroue wat ons grond bevlek, volgens die jongste statistieke.

En tog, die vrou wat Ramaphosa stuur, die vrou wat hy in die pos van vroueminister aanstel – Dlamini – kon nie eens oor die armes en die weerloses waak nie. Sy wat steeds verklaar “net die president kan my afdank”.

“Nou is die tyd vir elkeen van ons om te sê: ‘Stuur my.’ ”

Ons is steeds reg om gestuur te word, maar ook net as die president die regte mense begin stuur.

Ons is steeds reg om gestuur te word, maar ook net as die president die regte mense begin stuur.

Mense soos Dlamini; Mahlangu; al die vet katte by die munisipaliteite wat by VBS geskep het; Malusi Gigaba; Ace Magashule: Stuur hulle in hul peetjie of na die duiwel; dis nie mense wat die president aan sy sy wil hê wanneer hy die land deur onstuimige waters moet stuur nie.

Dán stuur jy raakvatters, mense soos Mariette Venter, wat onder moeilike omstandighede waarin sy geboelie en as ’n rassis uitgekryt is, geweier het om onder druk te swig om by VBS te belê en R60 miljoen van die Capricorn-distriksmunisipaliteit se begroting gered het. Ons kort vroue soos Phumla Williams, wat ten spyte van gesondheidsprobleme wat deur stres in die werkplek meegebring is, haar versoek om vervroegde pensioen onttrek het om die tentakels van Faith Muthambi, voormalige kommunikasieminister, uit die staatskas te hou.

“Ek moes aanvaar dat ek met ’n vyand te doen het wat alles van die land wou steel,” het sy voor die Zondo-kommissie getuig.

“Wabathuma,” Cyril. Stuur hulle. Dís die mense wat jou gaan help om ons land na kalm waters te stuur.

Meer oor:  Carla Lewis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.