Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Toe is dit al die tyd maar net goeie rolbaltaal
Zaza Fichardt Pieterse

Oudword is soos om deur ’n woedende son van hoog in die 30 grade opgefoeter en beplooi te word. Dit is ’n droogte. Ouderdom is ’n dorte.

Dit verlep ’n eens groen grassprietjie wat ná die reën jonk in die veld gepronk het. Toorrome, reën, kunsmis en aansmeergoeters help nie meer nie.

Oudword bring veranderinge waaraan jy niks kan doen nie. Dit sê: “Los die plaas.” Dit bring ’n toe plaashek voor jonkweestye. Maar dit bring ook ’n bosveldhuisie in ’n reservaat teen die stad. Én dit bring rolbal: ’n sinergie van lekkerwees, van “ons-ken-mekaar-al-jare”, dierbare droogtevlekke op die arms, duisende lagplooie, kannie-altyd-so-goed-hoor-nie, opregte wedersydse belangstelling en enige vorm van rumatiek (jy verander maar net jou rolstyl).

Rolbal: ’n verbrandse waggelbal wat jy tot elke prys om so ’n draai tot by ’n klein wit balletjie (die kat of die op ’n fyngrasbaan moet kry. Jy het twee, drie of vier rolbalballe in ’n span van hoogstens vier spelers. Die kaptein – of die skip in daardie rolbaltaal wat jy stadig maar seker aanleer – sê wat gedoen moet word. So moet die skip en sy spanmaats dik-wels op die opposisie se balle lostrek. Of by hulle verbytrek, na-der aan die jack.

Jy wil ook goed speel en hê die ouens moet van jou hou en sê: “Heng, kyk hoe jonk lyk sy.”

Jy en jou ou man gaan koop vir julle balle. Hy mooi, kalm donkerrooies; jy sulke pragtige, helder Cheetah-oranjekleuriges wat prominent moet toon hoe topvernuftig jy elke keer die bal teen die jack rol. Maar helaas lê jou oranje balle die wêreld vol, tot die argwaan van die tawwe spelers in wie se pad jy lê as hulle pragballe jack se kant toe wil stuur.

Tog, by ons klub is niemand ooit naar met iemand anders nie. Trouens, ’n mens word aangemoedig. Daarom voel jy daardie eerste paar dae diep bewoë.

Jy wil ook goed speel en hê die ouens moet van jou hou en sê: “Heng, kyk hoe jonk lyk sy.”

Maar dan sien jy hoe die bedrewe skip van die opposisie met so ’n kyk-nou-mooi-vinger vir sy spanmaat beduie na jou pragtige oranje bal naby die jack.

En die skip sê vir sy spanmaat: “Speel op die drô!”

Met die vinger weer na jou oranje bal gerig sê hy ook vir die tweede spanlid: “Speel op die drô!” Drie keer doen en sê hy dít.

Jy dink aan wat hy gesê het: “Drôl?”

Jou mooi, helder oranje balle trek diékant toe. Die opposisiebal gaan lê teen die wit balletjie.

Jy dink aan wat hy gesê het: “Drôl?”

Jy is half oud en uitgeteer en die selfvertroue nie meer wat dit was nie. Jy wil juis ’n Protea-speler word, maar as dít nou jou naam moet wees in hierdie nuwe, delikate fase van jou lewe duskant die plaashek. “Ou pruim” sou nog gewerk het. Of “busybody”. Maar dít.

Dit is genoeg vir ’n diepe depressie.

Dan word jy vertel: “ ‘Don’t be silly, man.’ Dit is rolbaltaal: Speel op die draw.

“Dit beteken: Laat jou bal daar by die witballetjie i-n-t-r-e-k, verby die oranje bal.”

Meer oor:  Zaza Fichardt Pieterse  |  Drol  |  Rolbal  |  Oudword  |  Rolbaaltaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.