Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Toiletpapier lei tot die val van ’n president

In die 1970’s speel ’n toiletpapier-sage in Chili af onder die 29ste president, Salvador Guillermo Allende Gossens (1908-1973 ).

Salvador Allende, ’n bloubloed-sosialis, was vanaf 4 November 1970 tot 11 September 1973 president.

In sy jare was Chili die enigste land ter wêreld wat op ’n demokratiese wyse vir ’n sosialistiese en kommunistiese bestel gestem het. Sonder ’n voorafgaande revolusie het hulle kommunisties geword.

As president het Allende ’n streng sosialistiese beleid van nasionalisering van stapel gestuur.

Aanvanklik was die land se mense in ’n staat van euforie. Alles was vryelik beskikbaar en heel bekostigbaar. Maar gou het hierdie idealistiese illusie verdwyn.

Dienslewering en produktiwiteit het skielik ’n wesenlike probleem geword. Voedseltekorte het gevolg. Leë winkelrakke en lang toue was ’n algemene gesig.

Die laaste strooihalm wat die rug van die Allende-regime gebreek het: die onbekombaarheid van toiletpapier.

Vuisgevegte het uitgebreek om basiese lewensmiddele te bekom. Sluikhandel was aan die orde van die dag.

Die Afrikaanse skrywer Christine Basson (1941-1980) het in daardie jare in Chili gewoon. In ’n boeiende reisboek, Reis deur ’n revolusie, het sy geskryf oor haar wedervaringe in Chili.

Reeds met hul aankoms was daar probleme. Sy vertel van haar noue kontak met mense van Chili en hul daaglikse stryd om basiese lewensmiddele in die hande te kry.

Sy vertel hoe die verset teen Allende en sy regime opgebou het. En sy openbaar die laaste strooihalm wat die rug van die Allende-regime gebreek het: die onbekombaarheid van toiletpapier.

Toe die Chilene besef daar is nie meer toiletpapier beskikbaar nie, het hulle die land onregeerbaar gemaak.

Die openbare onrus was fel. Mense kon ander tekorte verduur, maar nie die tekort aan toiletpapier nie.

Genl. Augusto Pinochet (1915-2006) het die politieke onrus en chaos benut en op 11 September 1973 met ’n staatsgreep teen pres. Allende se regime geslaag.

Allende het sy eie lewe geneem. Talle van sy meelopers is deur Pinochet se militêre junta vermoor.

Die diktator Pinochet het vanaf 1973 tot 11 Maart 1990 regeer.

Allende se katastrofiese sosialistiese ekonomiese beleid was die primêre rede vir sy ondergang.

Maar die onverkrygbaarheid van toiletpapier was die finale spyker in sy kis, skryf Christine Basson.

Nou ja, kom ons kyk hoe die huidige toiletpapierkrisis in die wêreld hom gaan uitspeel.

  • Dr. Van der Merwe is ’n munisipale amptenaar en skrywer van Bloemfontein.
Meer oor:  Toiletpapier  |  President
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.