Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Trantraal: Hoekom dié in tronke hou daavan om te lies

It is swaa vi iemand wie kom yt ’n community waa inferiority woven into die fabric van jou hele existence is om ienagge iets van value from within jouself te sien.

Vanaf die skool waa jy gan, waa al die venstes gebriek is. Waa al die mure innie gebou covered is in graffiti, en nie dai nice graffiti nie, dai boodskappies wat een of anne defeatist tien jaa geliede al vi jou gelos et: “I’ve see da futur and its hopeliss”, “Born 2 loose” etc. As jy by ’n skool gan waa elke handboek ’n blaai het wat vandalized is deu images van badly drawn genitalia of iets in dai vein en dan maak dai it swaa vi jou om value te attach an literature. En die skool itself is maa net ’n microcosm van die res van die plek. In ’n arm plek hoef jy net na die shopping centre toe te stap om faith in jouself te veloo. Wan voo die winkel waa jy kos moet gan koep lê daa ’n hoep shit wat jy nie kan distinguish offit vanne mens offe dier gekommit'ie, nie dat it matter nie, en daa sal genoeg tyd wies om te dink daaoo en disturbed te wies deu hoe disgusting it is, wan it gan nog heel wiek daa lê.

Die mense rondom jou seem altyd gereed om te pounce op jou, daa is altyd iemand, ’n tikkop wat iets wat entirely useless is wat hy gesteel et omdat it die naaste ding was, an jou wil vekoep. Daa is altyd iemand wie ’n rand by jou soek.

Maa dai is hoekom it important is om te lies soe baie soes jy kan.

Daa is altyd klomp mense wie rondloep of rondsit wie hulle dignity jare geliede oppe jaat innie sand veloor et. Wan jy kan net soeveel kee gesyp raak en kaal boelyf in warm, vyl, jaatsand gan slaap en unaffected deu dai action bly.

Soe, as jy is soes ek, en ek skryf die vi iemand soes myself, en jy besef eendag dat jy is iemand wat reflect op dinge en jy sal miskien hou daavan om jou reflections eendag nee te sit oppe blaai soedat anne mense it kan lies, dan issit nogal swaa om te wiet waa om te begin. Maa jy voel certain om van binne af byte toe te skryf issie die plek ie. Wan al wat binne jou is, is die horrible plek waa jy bly, die plek wat jy nooit vanaf kan weggan nie, wan it is te gevaalik om te travel op elke lyn tussen jou plek en elke anne plek innie Kaap. En die way die skool lyk, soe lyk die treine oek, bad graffiti en stukkene venstes. ’n Township het ’n aesthetic wat soe consistent is dat it lyk asof ’n set designer it design et en die brief was: Post-Apocalyptic.

Maa dai is hoekom it important is om te lies soe baie soes jy kan. Daa isse riede hoekom soe baie mense wat in tronke opgeslyt is hou daavan om te lies. Wat often begin asse way om tyd veby te lat gan veanne into iets om tyd te escape. Om te lies is om te travel, een moment is jy innie 1900’s in Germany, die next 1950’s New York. En omdat goeie writers curators is van intelligent ideas, interesting experiences en somtyds beautiful insights, lee jy goed wat jy nie gewiet et jy need om te lee nie. Wan as jy lies, connect jy met mense wie jy often nooit sal meet ie, maa wie oek often iets het wat hulle especially vi jou geskryf et om te lies. Mense wie nie vi jou kennie maa wie iets het wat hulle lank­al vi jou wil gesêrit.

Ek moes in en deu boeke ’n roundtrip deu Europe gevat et, ek moes ’n paa jaa in America deu literature bly om faith in myself te kry. Ek moes my eie wêreld virre paa uur elke dag agtelos om trug te kom en gradually my eie experience as iets valuable te sien. Vi my was die most remarkable ding dat ek al soe baie boeke gelies et, waavan ek gedink et, “Joh, die is my experience”. Maa jy dink oek altyd, die issie heeltemal my experience ’ie. En daa kom ’n dag wat jy dink, ek need om ’n boek te lies wat gan oo dai een ding wat met my gebeurit wat niemand oo skryf ie, dan skryf jy it maa self.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.